Categories: Meganisasie Videos, Video's, VideosPublished On: 28th July 2026

VIDEO: Agrico T-reeks skeurploeg (ripper) in aksie by Kruispan Boerdery in Viljoenskroon se sandgronde

By 1 min read
141 words

ProAgri Media – YouTube Thumbnail Landscape (2)

Op die diep sandgronde van die Noord-Vrystaat wys Kruispan Boerdery hoe die regte grondbewerking die verskil maak tussen gemiddelde en uitstekende opbrengste. Ons kuier by JP Meintjes naby Viljoenskroon waar hy vertel hoe diep grondbewerking met ‘n Agrico-skeurploeg (ripper) help om kompaksie op te breek, wortelontwikkeling te verbeter en vog beter te benut, alles krities vir suksesvolle mielieproduksie.

Saam met Paul Burger van Agrico kyk ons na die indrukwekkende kombinasie van die Agrico T-reeks-ripper en ’n John Deere 9RX 830 trekker, en hoe hierdie stelsel help om:

✔️ Dieselverbruik te verminder

✔️ Stilstand te beperk met ’n hersetstelsel

✔️ Produktiwiteit te verhoog

✔️ Opbrengspotensiaal van sandgronde te ontsluit

Resultate uit die praktyk: Waar vorige rippers tot 14–15 ℓ/ha gebruik het, lewer hierdie kombinasie verbruik van so laag as 11–12 ℓ/ha — sonder om op werkverrigting in te boet.

Kyk die video vir meer!

https://youtu.be/aLd_VBH5_tM

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0