Categories: Gewasproduksie Videos, Video's, VideosPublished On: 22nd July 2026

VIDEO: PANNAR se genetiese lyn is reg vir boere

By 1 min read
142 words

TN – VAL BOEREDAG _ PANNAR

Vir Pannar is Val Boeredag veel meer as net nog ՚n landbou-uitstalling. Dit is een van die belangrikste datums op die maatskappy se jaarlikse kalender. Gedurende hierdie jaarliks byeenkoms, kry Pannar die geleentheid om boere van regoor die oostelike produksiegebied te ontmoet, terugvoer uit die veld te ontvang en saam met boere te beplan vir die komende seisoen.

Hendri Lange, landboukundige van die Oostelike Hoëveld en Limpopo, Mpumalanga, en gedeeltes van die Vrystaat, sê geleenthede soos Val Boeredag speel ՚n sleutelrol in die versterking van die verhouding tussen Pannar en boere.Volgens Hendri is hierdie gesprekke van groot waarde, omdat dit Pannar in staat stel om nie net na boere se behoeftes te luister nie, maar ook om te wys hoe die maatskappy saam met boere wil werk om langtermynoplossings te ontwikkel.

Kyk die video vir meer:

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0