Categories: Meganisasie Videos, Video's, VideosPublished On: 20th August 2025

VIDEO: Fendt se trekkers staan uit by Arlington Boeredag

By 1 min read
120 words

AGCO Arlington TN

Die Arlington Boeredag wat plaasgevind het op 23 Julie 2025, het gewys dat nie eens nat weer ՚n boer se belangstelling in tegnologie kan demp nie.

Vanuit die AGCO-stal het daar twee indrukwekkende trekkers die groep verteenwoordig naamlik die Fendt 728 Vario Gen7 en Fendt 1162 Vario MT. Wimpie Nel van OVK Bethlehem het die besonderse eienskappe van elk van hierdie modelle uitgewys.

Die Fendt 728 Vario Gen7 is ՚n 211 kW trekker wat met DynamicPerformance-tegnologie toegerus is en wat addisionele krag lewer wanneer die trekker dit nodig het, sonder ekstra brandstofverbruik.

Die Fendt 1162 Vario MT is die grootste trekker in die Fendt-reeks. ՚n Rusperbandtrekker wat meer as 500 kW lewer danksy ՚n MAN 16,2-liter enjin.

Kyk die video vir meer inligting:

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0