VIDEO: Elke druppel tel vir Agrico
Agrico Thumbnail (1)
Gert Claassen, besturende direkteur van Claassen-boerderygroep, beskou homself as ’n immigrant vanaf die Hoëveld na die mooie Swartland. Hier het die Claassen-groep hulleself ongeveer 12 jaar gelede gevestig om ’n uiters suksesvolle boerdery in die Malmesbury-distrik te bou.
Vandag is Gerhard Swart, besproeiingsontwerper en -bemarker van Agrico Paarl, aan stuur van sake by Claassen-boerdery se besproeiingsprojekte.
“Agrico het alles vir ons gedoen: die ontwikkeling, die hoeveelheid watervloei, die drupstelsels, die pompstelsels, die elektroniese stelsels – van begin tot einde was Agrico saam met ons, en is steeds betrokke met die uitbreiding van die wingerde.”
Vir meer inligting oor Agrico se wêreldklasprodukte en dienste, of om jou naaste Agrico-tak op te spoor, besoek www.agrico.co.za.