VIDEO: Die Varipack V165 | Rovic
Die Varipack V165 ronde baler is ’n nuwer toevoeging tot Rovic se reeks. Die baler is geskik vir die baal van kuilvoer, hooi en strooi. Die nuwe kambaler is vervaardig met die oog op hoë digtheid en -werkverrigting. Die baler is ontwerp om bale van 80 cm tot 165 cm te maak.
Aan die voorkant van die baler is die bekende Easyflow Pickup-stelsel. Die baler word aangedryf deur ’n ketting aan weerskante van die baler en dit is voorsien van ’n sentrale smeerstelsel en -ghriesbank, wat onderhoud vergemaklik.
Die baler is ook met ’n groter V190-baalkamer beskikbaar.
Indien jy ’n Krone-baler wil aankoop, besoek hul webwerf by www.rovic.com.