VIDEO: AJ Design & Services se anti-diefstal spilpunt kassie
Die kassie is so ontwerp om om die motor van die spilpunt te gaan.
Aan die buitekant van die kassie is daar nie enige boute of slotte sigbaar nie; alles sit binne-in die kassie. Aan die onderkant is daar ’n gat waarbinne die slot aangebring word. Aan die binnekant is ’n gebuigde stuk plaat gevoeg, sodat ’n dief nie sommer sal regkom met ’n boutsnyer nie. Die enigste manier om die kassie oop te kry, is met ’n slypmasjien
Enige vibrasies, gekap, gepeuter of getimmer aan die kassie aktiveer die sensor, wat dan dadelik ’n waarskuwing na die boer se selfoon stuur. Só weet jy wat aangaan daar waar jy nie oë het nie.
Indien jy belangstel in een van hierdie kassies, kontak vir Arno by (+27)72-207-0111 of ukwa.ar@gmail.com.