Valtrac spog met hulle eerste N135 Versu-trekker by Balfour Hooidag

IMG_0031 (1)
Die mooi wit T235V Valtra trekker spog by Valtrac en wys hoe netjies gras gesny word met Pöttinger se Novacat S8.
Groot opgewondenheid het onder voerboere geheers toe Valtrac se reeks wentrekkers en hooimaakoerusting die arena by Balfour Hooidag 2025 betree het.
Boere was veral beïndruk met Valtrac se mooi, wit Valtra N135 Versu-trekker, die eerste een in die land, wat presisiegereed is met al die nodige tegnologie. Die kajuit is geriefliker as ‘n koning se voorkamer met onbelemmerde uitsig reg rondom en ‘n SmartTouch-armleuning wat dit vir die operateur maklik maak om hierdie magdom krag en tegnologie akkuraat met sy vingerpunte te beheer.
“Die Versu-trekker se laaigraaf weeg die vragte wat jy optel sodat jy presies weet hoe swaar elke baal is. Dit is veral voordelig as jy die hooi op die lorrie wil laai, want dan het jy klaar ‘n idee wat dit weeg, of as jy sakke kunsmis wil aflaai. Dit is ‘n lekker veeldoelige laaigraaf wat tot 3,8 m hoog optel sodat hy maklik bale op ‘n vragmotor of kunsmis kan aflaai,” sê Devin Dedwith van Valtrac.

Valtrac demonstreer hulle Valtra N135 Versu-trekker.
Hy voeg by dat jou inligting wat getrek word op ‘n excel-spreiblad gesit kan word. Jy kan ook elke land se totale afsonderlik op die skerm sien.
- Devin Dedwith van Valtrac vertelmeer oor Valtrac se toerusting wat boere se verbeelding by Balfour Hooidag gaande gemaak het.
- Devin Dedwith by elke boer se droom – ‘n mooi rooi Valtra-trekker van Valtrac.
Maak mooi hooi
Valtrac is ook die betroubare verskaffer van Pöttinger-hooitoerusting. Die Novacat S8-snymasjien van Pöttinger is agter aan die Versu-trekker gemonteer en die kontroles is omgedraai om die land agteruit aan te durf, want die Versu ry ewe goed agteruit as vooruit, wat dit seker die veelsydigste trekker maak wat jy kan kry. Die agteruit-aanwending van die trekker verhoed dat materiaal platgetrap word voordat dit gesny word.
Die Novacat S8 bespaar tyd en geld omdat jy twee keer meer snywerk kan doen met die snyers wat voor en agter gemonteer kan word.
Voerboere was ook beïndruk met Valtrac se Pöttinger-harke en APV-saaiers.
Vir meer inligting oor Valtrac se betroubare en doeltreffende hooimaaktoerusting en kragtige, betroubare trekkers, besoek hulle webwerf by www.valtrac.co.za, skakel Attie de Villiers by (+27)83-261-9863 of (+27)56-817-8006, of stuur ’n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za
- Die boer kan sy Valtra-trekker bestel in die kleur wat hy verkies – ook geel.
- Die T235V trekker hier met Pöttinger se Novacat S8-snyer, werk agteruit net so goed soos vorentoe. Die voordeel daarvan is dat die trekker nie die materiaal plattrap voordat dit gesny word nie.



