Categories: Artikels, Meganisasie, TrekkersPublished On: 10th July 2024

Valtrac skitter by Val Boeredag: Boere bewonder drie staatmaker-trekkers

By 3 min read
532 words

valtracDSC_0473

Die wit Valtra T235-Active het uitgestaan by die Val Boeredag-demonstrasies. Hierdie trekker is die operateur se droom, het genoeg krag om groot lande woerts-warts te bewerk en gee die boer volle beheer. Die trekker spog ook met die jongste tegnologie. Die kajuit is baie gerieflik met genoeg ruimte sodat jou kind of vrou ook kan saamry. Die beheerskerm is groot en presies op die regte plek in die kajuit geplaas.

Die Valtrac-naam is niks minder as legendaries in die landboubedryf nie. Enige boer wat hoor “Valtrac”, dink outomaties aan uitstekende kliëntediens, vasbyt-trekkers en bybehore wat skrik vir niks.

Die bewondering wat boere vir Valtrac se Valtra-trekkers het, was weer duidelik sigbaar by Val Boeredag. Valtrac se trekkers bespaar boere tyd, geld en brandstof. Boonop is hierdie bulle pragtig om te aanskou in landerye.

Valtra vervaardig al sedert 1951 voortreflike trekkers. Met jare se ervaring in die bedryf, ken Valtrac die wenresep vir ‘n wen-trekker, maar bly steeds lei in die landboubedryf met nuwe, vooruitstrewende ontwikkelings. Nes jy dink hulle het nou die toppunt bereik, kom hulle vorendag met nóg nuttige verbeterings ten opsigte van krag, tegnologie, ekonomie en betroubaarheid.

“Ons het vir die boere by Val vanjaar drie trekkers kom wys,” spog Johan Duvenhage van Valtrac:

  • Die Valtra A134-HiTech
  • Die Valtra BH174-HiTech wat ‘n boer teen ‘n baie gunstige prys kan aanskaf

Maar dit is veral die T235-Active, vir die demonstrasie met die 36 Tatu-skotteleg, wat boere se aandag getrek het. Hierdie spierwit trekker staan kop-en-skouers uit tussen die massas ander trekkers wat ook in die veld staan.

Koop slim, koop Valtrac

‘n Boer is mos slim, en iemand wat slim is hou van ‘n belegging. Dit is ook presies waarna Valtrac streef. Johan verduidelik dat Valtrac ‘n alles-in-een opsie vir boere bied as dit kom by hulle trekkers.

“‘n Boer het niks meer nodig as Valtrac se uitsonderlike kenmerke nie”, sê Johan. “Al ons trekkers het ‘n lae brandstofverbruik en die kajuite is ook baie gerieflik.”

Valtrac sleep die Tatu-skotteleg en wys vir boere watter werktuig jou saadbed die beste gaan regkry voor planttyd.

“Valtrac se trekkers bied meer presisie, wins en werkverrigting,” voeg hy by.

Nie net koop die boer ‘n trekker nie, maar daarmee saam kry hy ‘n geruste hart wat wéét hy kan op sy trekker staatmaak. “‘n Boer weet heeltyd hoe sy trekker presteer en hy kan die werktuig wat hy sleep akkuraat beheer met die trekker se gevorderde tegnologie.”

“Die trekker het ook ‘n gemaklike ritervaring op ongelyke grond net soos die duurste motors. Valtrac se trekkers het uitstekende sigbaarheid na agter wanneer hulle agteruit werk, en daar is kantruitveërs sodat jy na alle kante af goed kan sien. Daar is ook genoeg ligte sodat jy selfs in die donkerste nag kan werk.” Só is die boer toegerus om dag en nag te boer, sonder sukkel.

“Ons hoofkantoor is in Parys en ons het takke in Middelburg, Lichtenburg, Pietermaritzburg en Bethlehem, en die voorste geenbewerkingplanters van Jumil en Tatu is ook daar te kry,” voeg Johan by.

Johan gló in die Valtrac-reeks en sy hart is vir boere. “Ek hoop meer mense swaai oor Valtrac toe,” sê hy.

Valtrac vir die wen! Só weergalm die staatmaker trekkers landswyd.

Lees meer oor die Valtra A134-HiTech hier.

Belê in jou eie trotse trekker

Valtrac het tans ‘n spesiale huurkoopaanbieding op hulle N-, S-, en T-reeks trekkers: prima minus 7%. Moet dit nie misloop nie. Kontak hulle vandag nog. Al hulle trekkers word gerugsteun met Valtrac se legendariese naverkoopdiens en het ‘n waarborg. Besoek hulle webblad by www.valtrac.co.za vir meer inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0