Valtrac se geel trekkers is wenners in Cederberg
Jaar na jaar bewys Valtrac hulle staal op suksesvolle plase regoor Suid- Afrika. Ook hulle boordtrekkers is klein knapies, maar met groot werklus en betroubaarheid.
Maar wat sê boere van Valtrac se boordbulletjies?
Boeta Ferreira boer met wyndruiwe net buite Clanwilliam. “Druiwe aard baie goed hier as gevolg van ons ligging,” sê hy.
Sy staatmaker trekker van formaat is die Valtra A93F-boordtrekker. “Ons het dit verlede jaar Oktober aangeskaf, so dit is alreeds deur ՚n paar spuitsessies in ons wingerd.”
Boeta noem egter dat hulle hierdie trekker nie tot net wingerdwerk beperk is nie. “Omdat sy hyser tot 3,1 ton kan optel en sy enjin 73 kW krag uitskop, is dit dalk ՚n klein trekkertjie, maar baie sterk. Ons kan dit oral op die plaas gebruik en selfs saam met ՚n klomp verskillende werktuie. Vir ons is dit ՚n logiese keuse!”
Die trekker het ՚n driesilinder-enjin met drukbuisinspuiting (common rail) wat baie krag lewer in ruil vir baie min diesel. Boeta verduidelik dat die trekker selfs teen lae enjinomwentelinge baie kragtig is.
“Ons het ՚n hele paar Valtras en ek kon nog nooit iets uitwys wat my pla nie,” sluit hy af.
Charles Human boer in die Kaap met rooibostee. Hulle is in beheer van die hele proses: vanaf saadjie in die grond tot teesakkie in jou koppie. Hierdie boer klink graag ‘n glasie, of eerder ՚n koppie tee, op sy Valtra BH154-boordtrekker. “Dit was ՚n bielie van ՚n aanbod! Ons het twee van hierdie trekkers as ՚n pakket saam gekoop.”
Charles vertel dat hulle al vir die afgelope tien jaar Valtras gebruik, en dat hy selfs op een leer trekker ry het. “Dit is eenvoudig; geen snaakse goed nie. Enigeen kan ՚n knoppie druk en sien hy beweeg.” Hy praat ook met lof oor die trekker, wat hulle skertsend “Bumblebee” noem, se dieselverbruik. “Mens kan drie dae lank werk sonder om vol te maak,” sê hy.
“Terwyl ons besig was om te saai, het ons ՚n probleem gehad, maar Valtrac se hoofwerktuigkundige het soos altyd gespring om ons te help. Hulle het iemand deurnag met ՚n bakkie gestuur om te kom help, sonder dat dit ons ՚n sent gekos het. Ons het regtig niks om oor te kla nie,” vertel Charles.
Johan Ferreira, ook van Clanwilliam, boer al ՚n indrukwekkende dertig jaar lank met Valtra-trekkers!
Sy hoofboerdery is ook rooibostee. “Vandag het ons tien Valtras. Dit voel soos ՚n familie – as mens met familie sake doen, kry jy mos die beste, en almal wat met die Valtrac-familie sake doen voel so,” vertel Johan.
Met ՚n plaas wat ver van die naaste dorp is, behoort versiening van ՚n trekker ՚n groot beslommernis wees, maar Johan vertel dat hy nie ՚n dag se bekommernisse het nie. “In die vroeër jare het Wynn self hierheen gevlieg om te kom help, maar nou is hier ՚n plaaslike werktuigkundige om te help. Die trekkers breek nie, net hier en daar ՚n standaard dingetjie, en dan is hulle altyd hier om te help.”
Johan se voorkeurtrekker is die Valtra 8950. “Dit is ՚n hoëtegnologietrekker, maar nie só dat dit moeilik is om te gebruik nie. Ons het moeilike grond hier. Dit is nie maklik om enige werktuig te sleep nie, maar die Valtra kry dit reg om die balans op die sandgrond te hou,” verduidelik hy.
Vir meer inligting oor Valtrac se wêreldklastoerusting, kontak een van Valtrac se kundiges by (+27)56-817-7308, of besoek www.valtrac.co.za.