Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 8th August 2023

Val vertoon vernuftige tegnologie by hulle grootste boeredag nog

By 1 min read
281 words

DSC_0001

Die room van die landbougemeenskap het vanjaar weer saamgetrek by Val Boeredag, wat Waterval Boerevereniging elke jaar in Julie reg langs die eenstraat-dorpie, Val, naby Greylingstad aanbied.

Vanjaar se Boeredag is die 26ste wat Waterval Boerevereniging aangebied het. Die vereniging is in 1998 gestig met die samesmelting van die Roodebank- en Val Boereverenigings.

Val Boeredag se bekendheid en gewildheid lê wyd en dit is veral die groot aantal stropers, trekkers, strooiers, spuite, planters en grondbewerkingswerktuie wat gedemonstreer word wat hulle onderskei van die res. Maatskappye wat tegnologie- en meganisasieoplossings aanbied, wys graag hulle werktuie by die demonstrasiedag, want die boere wat soontoe gaan is ernstig om in die oplossings te belê. Boere wil sien hoe werktuie werk; nie hoe hulle blinkgepoets op ‘n vertoonvloer lyk nie en Val verskaf daardie geleentheid.

Die belangstelling het so toegeneem dat die terrein vanjaar vergroot moes word sodat meer werktuie hulle staal kon wys. Vanjaar het sowat 5 000 besoekers die dag se demonstrasies bygewoon.

was die hoofborg, die goue borge Sonskyn Handel, Argo Tractors en Pioneer Saad, en platinum borge Pannar en Bayer.

Brett Gordon, voorsitter van ValBoerevereniging, sê: “Ons is baie tevrede met die dag se demonstrasies en die bywoning deur boere. Ons fokus elke jaar daarop om unieke demonstrasies aan boere te bied en die nuutste tegnologie aan hulle bekend te stel. Ek is baie trots op die Boereverening vir wat ons vanjaar vermag het, en sien uit dat Val Boeredag jaar na jaar van krag tot krag sal groei. Ons sien daarna uit om volgende jaar weer ‘n waardevolle geleentheid aan ons boere en gemeenskap te bied.”

Hier is enkele van die dag se vele hoogtepunte:

Val Boeredag het besoekers met dié bale begroet.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0