Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 26th March 2025

Uitdagings vir nuwe saad-, kunsmis- en kalktoerusting

648 words

rula 1

“Wat sal pas?” “Hoe presies?” en “Waar moet ek dit plaas?” Dit is wat dikwels elke dag deur Rula Agri en sy personeel gevra word en waarvoor antwoorde gesoek word.

Weer eens is gesien en beleef dat om in sewe jaar van waar begin is by “om te meet, is om te weet”, in te haal by ander wat ‘n leeftyd se ervaring het, ‘n groter uitdaging is as wat aanvanklik gedink is.

Om die gebruikersvereistes van die Suid-Afrikaanse produsent te begryp, is op sigself ‘n uitdaging. Soveel te meer nog om te dink dat verskaffers maklik die insig, skeppende denke en selfdoenbenadering van die Suid-Afrikaanse produsent sal oortref met ‘n produkreeks wat die bedryf sal beïndruk en in verkope sal realiseer. ‘n Produsent maak self sy plan – sonder ‘n tekenaar se plan.

Rula Agri moes deur ‘n proses van introspeksie en veranderde denke gaan om sy produkreeks aan te pas en te optimaliseer om nader aan die waarheid te kom. Die strewe bly om Suid-Afrikaanse produkte te ontwikkel wat mededingend is, die produsent kan bevoordeel, en werk in die vervaardingsbedryf kan verskaf.

Wat sal pas?

Gebruikersvereistes, probleemstelling, wiskundige berekenings, sterkteleer, innoverende denke, materiaalkeuses, ontwerptekeninge, verifiëring oor en oor en oor tot ‘n mens by iets uit kom wat lyk asof dit sal pas, of lyk na ‘n oplossing. Alles moet beter wees as die mededingers s’n en goedkoper wees om ‘n markaandeel te kry en verkope te laat realiseer. Dan wissel die gebruikvereistes van area tot area – en daarvoor moet ‘n mens dit ook maak pas …

Hoe presies?

Heeltemal presies. Nie net die werktuig self nie, maar ook die werking daarvan. Met veranderde klimaats- en grondtoestande wil die een produsent dit só hê en die volgende produsent só, maar almal soek dit presies só. Presies op tyd, presies só wyd, presies soveel per hektaar, presies in ry, presies só gesny, presies só toegemaak, presies só sterk, presies só geverf en dan ook presies só geprys. Ons produsente ken hulle eenhede en gebruiksvereistes. Dit is inspirerend om met ‘n suksevolle produsent te praat en die passie te ervaar waarmee hulle die tegniese uitdagings van die bedryf benader en oorkom.

Waar moet ek dit plaas?

Is dit pitte, is dit kunsmis, of is dit dalk kalk? Anders as die materiaalhanteringsbedryf waar Rula hom besig hou om tegnieke te ontwikkel om materiaal te beweeg (convey) en meestal vir prosessering, vra die landboubedryf bykomend daarby dat dit reg ge-“plaas” moet word. Die plasing en die bedekking van die pit of die korrel, of die druppel in die grond, is waar Rula Agri graag ‘n verskil in die bedryf wil maak.

Die plasing van saad en kunsmis is soos om ‘n baba wat slaap, in ‘n bed te sit sonder om hom wakker te maak. Versigtig en toegedraai in watte met ‘n bottel byderhand as hy dors sou wees. Maar dit moet met die produsent se resep gebeur en dit moet teen spoed gebeur, pit-vir-pit en ry-vir-ry dieselfde.

Bykomstig tot die saad- en die kunmisplasingstegnieke het Rula ook nou ‘n diepkalkplasingswerktuig ontwikkel. Op dieselfde presisiebasis kan kalk tot en 900 mm diep deur middel van ‘n rip-aksie, in die plantspoor geplaas word.

Met die geduld en advies van kundige produsente is daar reeds verskeie produkte ontwikkel. Die produktereeks wat reeds vir presisieplasing ontwikkel is, bestaan onder meer uit die volgende:

Presisie-kunsmistoedieningstelsels (korrel of vloeibaar)

  • Gelyktydige in-ry-riptoediening
  • Bewerkte of onbewerkte land – Minimumbewerkingtoediening (min-till)
  • Strookbewerking – Strip-till-toediening
  • Voor-plant- of topbemesting
  • Preskripsiekaarttoediening
  • Variërende toediening van tot drie produkte
  • Kunsmisstelsels vir planters

Presisieplanterprodukreeks

  • Presisieplanters
  • Elektries-aangedrewe planteruitmeters
  • 4- tot 24-ry planters
  • Sentrale kunsmis- en saadbeheerstelsel
  • Konvensionele of minimumbewerkingplanters (Min-till)

Skeurploegopsies (ripper)

  • Tandem-tandripper
  • Konvensionele ripper
  • Diep kalkplasingsripper to 900 mm diepte
  • Ripper met kunsmisplasing

Vir meer inligting of enige navrae, besoek Rula Agri se webwerf by www.rula.co.za of stuur ‘n e-pos na jimmy@rula.co.za of kontak vir Jimmy by (+27)82-901-5176.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0