Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 16th January 2024

Trekkeraangedrewe hamermeul van Drotsky maak swaar werk ligter

By 3 min read
491 words

Picture1

Vele hande mag ligte werk maak, maar met die regte toerusting is swaar werk nog ligter met min hande! Dit is die groot motivering agter die Drotsky M100 se ontwerp: Dit verseker dat twee pare hande sonder sukkel ‘n swaar baal binne minute fyn kan maal.

“Dit is aansienlik grooter as ‘n gewone Drotsky hammermeul wat steeds voldoen aan die standaarde waarvoor die maatskappy wel bekend is. Die M100 is spesiaal ontwerp vir die vinnige verwerking van heel bale tot die benodige grootte in een operasie,” vertel Francesco van Wyk, senior meganiese ingenieur by Drotsky.

Die trekker-aangedrewe M100 help boere om in ‘n japtrap veevoer te maak uit gebaalde oesreste. Tydens ‘n demonstrasie van die masjien buite Bothaville was ‘n mieliereste baal binne drie minute verwerk teenoor die vorige dertig minute per baal. ‘n Masiewe tydbesparing!

Die proses

Drotsky se M100 hamermeul is geskik vir 1,2- tot 1,5-meter rondebale asook grootpakbale danksy die 1,4-meter maalkamer. Dit kan gevoer word met ‘n laaigraaf, maar die ontwerp verseker dat dit ook met die hand gedoen kan doen. Die helling van die bakklap dien as ‘n skuinste waarteen die baal in die maalkamer ingerol kan word.

Binne in die bak is ‘n swaardiens skarniersleepketting (pintle chain) met plat staalstawe wat die baal na die baalbreker skuif.

Die baalbreker is ‘n drom met 72 skerp getande lemme wat die baal opbreek en opsny. Daarna beweeg die materiaal deur die staaltande bo na die skeerstaaf waar dit eindelik in die hart van die hamermeul gemaal word deur twaalf hamers. Nes enige Drotsky hamermeul word die gemaalde materiaal uitgeblaas deur die sif met behulp van agt waaiers (afhangende van die model).

Vandaar kan dit in ‘n menger of in ‘n stoorkamer ingeblaas word. ‘n Ander opsie is om ‘n sikloon aan te heg sodat die materiaal reguit in mengers of bergtenks geblaas kan word.

Die maalkamer is 1,4 meter wyd. ‘n Skarnierhaakketting met staalstawe voer die baal in die hamermeul in.

Die resultaat

Die tyd wat dit neem om ‘n baal fyn te maal sal afhang van twee faktore. Eerstens, die grootte van die sif wat gebruik word (hoe fyn jy dit wil maal), en tweedens, watter soort materiaal gemaal word. ‘n Goeie gemiddelde is tussen drie en agt minute per baal.

Die mieliereste wat Drotsky in die demonstrasie gebruik het, het drie minute geneem op ‘n 20 mm sif. Grondboontjiehooi en koringstrooi behoort ook ongeveer drie minute te neem. Indien jy fyner wil maal kan jy ‘n 6 mm of 8 mm sif gebruik.

Drotsky het ‘n reeks siwwe beskikbaar van 6 tot 70 mm.

Die 72 getande lemmetjies sny die mieliereste in ‘n japtrap op!

Tegniese aspekte

Die M100 is geskik vir mediumgrootte plase tot kommersiële boere, voerkrale asook enige iemand wat arbeid op hulle plaas wil verminder.

Vir die elektriese model het ‘n motorspoed van 1 450 omwentelinge per minuut en ‘n rotorspoed van 1 044 opm. Die minimum kragvereiste is ‘n 90-kW trekker. Dit lewer dan 540 opm aan die kragaftakker wat die hamermeul aandryf.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0