Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 10th October 2025

TIMAGRI het slim spuitoplossings vir volhoubare boerderye

By 4 min read
790 words

IMG_5789

Die TIMAGRI span by NAMPO Kaap 2025.

TIMAGRI glo dat boerdery oor veel meer as net produksie gaan; vir hulle is dit die fondasie vir lewe. Van die plaas tot by die tafel het hulle een mikpunt, en dit is tevrede kliënte. Hulle kombineer hulle dekades se landbou-ondervinding met vooruitstrewende digitale vernuwings om oplossings te lewer wat boerdery slimmer, meer effektief en meer volhoubaar maak.

Met hulle spuittegnologie streef hulle daarna om elke druppel wat op die boer se gewasse toegedien word, te optimaliseer en om verbeterde oeste te verseker, meer geld vir die boer in sy sak en om vermorsing te verminder. Aan die stuur van hierdie dinamiese onderneming is Dries van der Merwe, die eienaar van TIMAGRI Suid-Afrika.

Die TOS 1600 boordspuit van TIMAGRI.

Boordspuite met ’n verskil

TIMAGRI se boordspuite word toegerus met ’n unieke skuins waaier. As gevolg van die ontwerp van die waaier, word die lug teen ’n hoek ingesuig om te verseker dat daar nie blare op jou rooster aanpak nie.

TIMAGRI se waaier het ‘n skuins ontwerp om te voorkom dat blare nie op jou waaier se rooster aanpak nie.

Die konkawe lugbeweging wat deur die waaier veroorsaak word, help met beter bedekking van jou oes, en suig nie grond op wat jou vrugte kan beskadig nie. Hierdie spuite kom in 1600- en 2000-liter groottes en is beskikbaar met n 36-duim waaier of kom in ‘n toring opsie met ‘n standaardwaaier.

TIMAGRI se slim tegnologie vir jou spuit, hier is die Nova 200 beheerpaneel.

Tegnologie wat tel

By TIMAGRI werk hulle slimmer en nie harder nie. Hulle Nova beheerstelsels word vervaardig deur TIMDIGITAL, wat uniek is aan TIMAGRI.

Die Nova-stelsels is n outomatiese stelsel wat koersbeheer vir jou spuite toepas, dit wil sê dat die spuitvermoë van jou spuit aanpas teen die spoed wat jou trekker ry. Dus kry jy altyd egalige toediening in jou veld of boord.

“So as jy vinniger of stadiger ry, sal jou liters per hektaar onveranderd bly. Dus spuit jy altyd akkuraat,” vertel Dries trots.

Die Nova-stelsel wat in jou kajuit geïnstalleer word, word vervaardig in verskeie opsies – die Nova 100, Nova 110 en die Nova 200.

Die Nova 100 is vir balkspuite se veranderlike toedieningsfunksie (rate control), terwyl die Nova 110 vir boord-en wingerdspuite se veranderlike toedieningsfunksie (rate control) is. Belangrike data soos toedienings hoeveelhede, spoed, druk, vloei en die area wat reeds bespuit is, word ook deur die Nova 100 en Nova 110 getoon.

“Met die Nova kan jy ook sien of daar rye is wat jy gemis het,” vertel Dries.

Die grootboetie in die Nova-reeks is die Nova 200, wat toegerus is met outomatiese seksiebeheer om te verhoed dat daar areas is wat gemis of dubbeld gespuit word. Die Nova 200 het ‘n leidingstelsel wat verseker dat jou area, baan vir baan egalig gespuit word. Dit spaar jou tyd en geld.

Dries van der Merwe by die TOS 2000 tydens NAMPO Kaap 2025.

’n Toring vir presiese toediening

Die TIMAGRI TOS 2000-toringspuit is ook toegerus met ‘n skuins waaier om te sorg vir skoon lug, minder aanpaksels en goeie sirkulasie.

“Die toring is ontwerp vir bome wat jy meer teikengerig wil spuit en nie net van onder af soos die gewone standaardwaaiers nie. Dit gee vir jou ‘n baie meer egalige toediening as wat die standaardwaaiers doen en werk baie lekker op opgeleide stelsels,” meen Dries.

Spuite gemaak vir jou behoeftes

In TIMAGRI se balkspuitreeks het hulle 600-liter, 800-liter, 1000-liter, 1200-liter en 2000-liter groottes. Dan bied hulle ook die 3 500-liter sleepspuit, wat hulle vlagskipspuit is.

Die spuit balke kom in verskillende lengtes, met die intreevlak wat ‘n 12 m is, semi-hidrouliese balke wat net hidroulies gelig word, tot 16 m balke.

“Dan het ons ook volhidrouliese balke wat hidroulies lig en hidroulies oop en toe kan raak, vertel Dries, Al hierdie spuite is ook met die Nova 100-stelsel toegerus.

Die TIMAGRI TFS 3500-sleepspuit is beskikbaar in 24 m, 27 m en 30 m en word toegerus met die Nova 200.

Jy kan kies watter van die Magnojet spulitipunte jy op jou spuit wil koppel.

Die Magnojet spuitpunte word van keramiek gemaak.

Spuitpunte wat hou

TIMAGRI kan jou nie net voorsien van die spuit wat jy nodig het nie, maar hulle het ook ‘n wye reeks spuitpunte wat deur Magnojet vervaardig word. Dries verduidelik dat Magnojet-spuitpunte van keramiek gemaak word, en dit beteken hulle slyt nie vinnig nie. Dus bly jou spuitpatroon en druppelgrooltte vir ‘n baie lang tyd dieselfde. TIMAGRI gee die kliënt die keuse van spuitpunt wat op die spuit aangebring kan word, en met die kundige TIMAGRI-span daar om leiding te gee, kan jy ‘n pasgemaakte spuit aanmekaar sit wat reg is vir jou boerdery.

Indien jy belangstel in die unieke tegnologie wat TIMAGRI bied, kan jy hulle webtuiste besoek by www.timagri.com om meer te leer of met hulle in kontak te kom.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0