Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 17th August 2023

TeeJet se DynaJet is presisieboerdery met trefkrag

By 3 min read
672 words

Spuit is die wapen waarmee die gewasboer sy oes beskerm en verseker dat sy boerdery lonend is. Of dit nou insekdoder, onkruiddoder of kunsmis is, spuitstowwe is noodsaak­lik vir ՚n gesonde oes, maar dit kan jou ՚n hele paar rand uit die sak jaag. Daarom is presisieboerdery-oplossings die antwoord op koste- en chemiese besparings.

“Die afgelope vier jaar het chemiese onkostes byna verdubbel,” sê Chris­tiaan Rheerders, direkteur van RP Agri Presisieboerdery. Hierdie maatskappy bestaan nou al tien jaar en fokus daarop om presisieboerdery-oplossings na boere bring.

“Die boer is ons eerste prioriteit,” vertel hy. “Daarom het ons meer as twee jaar gelede hande gevat met TeeJet, die spuitspesialiste, om dit so gemaklik en doeltreffend as moontlik vir die boer te maak.

“Ons maatskappy is gefokus op goeie dienslewering. Ons fokus daarop om vir die boer die regte produk op die regte plek op die regte tyd te gee.”

RP Agri versprei TeeJet se DynaJet

TeeJet se DynaJet-produk is ՚n spuitstelsel wat gemaak is vir presisieboerdery. Dit gee die boer beter beheer oor sy spuite, en ook om baie geld op spuitstowwe te bespaar.

“DynaJet is die enigste produk wat Slim Druppelbeheer het. Dit laat die operateur toe om die druppelgrootte vanuit die kajuit te verander, af­hangende van jou spuitpunte. Dit is veral handig wanneer die wind waai en jy wil wil verhoed dat die kosbare drup­pels wegwaai.

“Die spuit se vloeitempo en die druk van die pomp kan ook afsonderlik be­heer word.”

Omdat DynaJet ՚n Pols-Met-Modulering-produk (PWM) is, gee dit jou die volgende vermoë:

  • Gevorderde draaikompensering: Wanneer jy draai, beweeg die balk aan die buitebaan vinniger as die ander punt, maar dan versprei PWM die spuitstof oral eweredig.
  • Indiwiduele spuitpuntafskakeling: Elke spuitpunt is ՚n afdeling wat een-vir-een afgeskakel kan word wanneer die spuit oor ՚n deel van die land wat reeds bespuit is be­weeg. Dit skakel vermorsing deur dubbelbespuiting heeltemal uit.
  • Verstelbare tempo “on the go”: Voorskrifkaarte op die skerm sorg dat elke deel van die land teen pre­sies die regte tempo bespuit word. Aanpassings op kolle per spuitpunt kan net daar en dan gemaak word.

“Dit alles lewer ՚n massiewe besparing op die boer se chemiese rekening ter­wyl opbrengs toeneem en die doeltref­fendheid van spuite verbeter,” verklaar Christiaan.

Die DynaJet-stelsel bestaan uit die volgende komponente:

  • Agter op die spuitbalk is die spu­itpunte wat met PWM-solenoïdes werk.
  • Die solenoïde is ՚n skakel wat elke spuitpunt in ՚n afdeling verdeel.
  • Dit is gekoppel aan die TeeJet IC45-tempobeheer wat die twaalf hidrouliese funksies soos oop- en toe vou van die balk asook die pomp hanteer.
  • Boonop is die stelsel ISOBUS-ge-reed sodat alle instellings op die spuit se eie skerm gemaak kan word.

Hierdie stelsel werk op alle soorte spuite, asook pasgemaakte stelsels.

“Jy kan alles – nie net die beweging van die spuitbalk – vanuit die kajuit be­heer. Dit sluit in die pompspoed, drup­pelgrootte, vermenging ensovoorts,” voeg hy by.

Die kameras wat die Carbon Bee-stelsel gebruik is hier op ՚n pasgemaakte spuit met maste gemonteer.

Carbon Bee bied Groen-op-groen-bespuiting met DynaJet

Vir ՚n verdere besparing kan die Carbon Bee-kolbespuitingstelsel aan die DynaJet-stelsel gekoppel word. “Hierdie Franse produk is die eerste Groen-op-Groen spuitstelsel wat in Suid-Afrika beskikbaar is,” spog Christiaan. “Dit beteken dat die stelsel tussen onkruid en gewasse kan onderskei. Die stelsel besluit volgens ՚n algoritme watter plante om te spuit of nie.”

Die verskillende algoritmes sluit in:

  • Alles behalwe ՚n spesifieke gewas.
  • Spesifieke onkruid soos skraal­hanse.
  • Alle gewasse buite die ry.
  • Groen op bruin wat alles wat bladgroen bevat op ՚n kaal land teiken.

Hierdie metode spuit slegs die nodige plantjies – dit is beter vir die natuur, grond en gewasse.

Sensors vir die Carbon Bee-stelsel word drie meter uitmekaar geplaas en kyk ses meter wyd. Die kameras kan op die spuitbalk of op ՚n mas bo die spuitbalk gemonteer word.

Om jou DynaJet-stelsel te bekom, kontak TeeJet info@teejetsa.co.za of kontak Frans by frans.vanTeeffelen@teejet.com. Jy kan ook hulle webwerf besoek by www.teejet.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0