veeboerdery
Genome Game Breeders veil leeus vir rekordbedrae op
’n Eerste veiling is altyd ’n groot risiko en verg mooi dink en baie deursettingsvermoë om dit ’n sukses te maak, maar dan is daar altyd die onbekende faktor wat op die ou end ’n veiling maak of breek. Genome Game Breeders het die kans gevat en met vlieënde[...]
Kom leer meer oor die waarde van diere-aantekeninge.
Voermol en SA Stamboek is baie opgewonde om binnekort hulle derde Elite 2015 Teeltsimposium aan te bied en het spesiaal ‘n kenner op die gebied, prof. Dorian Garrick van Iowa State Universiteit in Amerika genooi om sy kennis met Suid-Afrikaanse boere te kom deel.
'n Holsteinverwysingskudde vir Suid-Afrika
Die wêreld van moderne genetika is nou maar eenmaal asemrowend. Die idee dat die unieke eienskappe van enige organisme vergestalt word in die derduisende gene of kombinasies van gene wat in sy DNS voorkom, was ’n paar dekades gelede ondenkbaar.
Winsgewende beesboerdery, uit die boer se bek!
As jy met beeste wil boer, doen jy dit nie net vir die liefde van die saak nie; jy moet geld verdien. As jy elke bees as ’n belegging van R10 000 beskou, dan moet sy vir jou ’n opbrengs gee. As jy dus ’n kalf van R4 000 speen, en die koste om haar aan te hou is R2 500, het jy R1 500 verdien. Dit is 15% opbrengs op jou belegging. Jy kon dalk by die bank 5% gekry het, dus is jy 10% beter af vir jou risiko.