Categories: News, Stock and game farmingPublished On: 12th February 2015

Kom leer meer oor die waarde van diere-aantekeninge.

By 2 min read
336 words

Voermol en SA Stamboek is baie opgewonde om binnekort hulle derde Elite 2015 Teeltsimposium aan te bied en het spesiaal ‘n kenner op die gebied uit Amerika genooi om sy kennis met Suid-Afrikaanse boere te kom deel. 

Die simposium vind op 29 April 2015 in Bloemfontein plaas en die hooftema is: “Die toegevoegde voordele van diere-aantekening”, met prof. Dorian Garrick van Iowa State Universiteit in Amerika as die hoofspreker.  Ander temas wat bespreek gaan word is “Die praktiese waarde van genomika vir die groter veebedryf” deur prof. Este van Marle-Köster van die Universiteit van Pretoria en “Die aanwending van aangetekende data ter bevordering van optimale bestuurspraktyke soos dieregesondheid” deur dr. Danie Odendaal en dr. Faffa Malan.

Ander professionele aanbiedings asook groeps-en paneelbesprekings sal verseker dat elke simposiumganger die maksimum praktiese antwoorde en kennis uit die sessies sal put. Dit is verseker ‘n geleentheid wat vooruitstrewende en suksesvolle persone in die landboubedryf nie kan misloop nie.

Dr. Dorian Garrick is ‘n ou hand in die teelbedryf

Prof Dorian Garrick is gebore in Nieu-Seelander en beklee die Jay Lush-leerstoel in diereteelt en genetika aan die Universiteit van Iowa. Hy het sy doktorsgraad aan die Cornell-universiteit behaal, en was vroeër ook professor in diereteelt en genetika aan die Universiteit van Colorado.

Hy was oor die jare betrokke by die ontwikkeling en bedryf van nasionale diere-evalueringprogramme, prestasie-aantekening databasisse en teelskemas.

Hy het ook al baie werk gedoen om eksperimente te ontwikkel waarmee belangrike gene geïdentifiseer kan word sodat dit in teelprogramme benut kan word. Tans fokus hy op die gebruik van genomiese inligting om diere se prestasie te voorspel.

Die koste vir die Simposium beloop R500 per persoon en sluit simposiummateriaal, verversings en ‘n ligte middagete in. Besprekings het reeds geopen. Kontak gerus vir Sherri of Elmi by 051 410 0900051 410 0900 of epos na sherri@studbook.co.za om u plek te bespreek.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0