Rotrix
Rotrix Afrika se kruipspuite gooi nat sonder nonsens
“Tegnologie is wonderlik, maar dit is ook aantreklik vir diewe,” sê Andries Bothma van Rotrix Afrika. Hy het by NAMPO boere ingelig oor Rotrix se staatmakeroplossings om uitvalhoeke van spilpunte, kleiner landerye, weivelde en groentelande te besproei. Die kruipspuite het net ՚n waterkoppeling nodig en werk sonder elektriese aandrywing.[...]
Irrigation Unlimited bied onbeperkte besproeiingsvoordele
Min besproeiingsmaatskappye in die wêreld is so deeglik in hulle veld ingegrawe soos Irrigation Unlimited. Hulle het regoor die wêreld gaan soek en voer net produkte van die allerbeste gehalte in uit Sjina, Spanje en Italië. Hulle verstaan alles van SABS-gehaltebepaling en hou in hulle onderdakbergruimte van amper 5 700m² genoeg produkte en onderdele aan om van enige boer ’n besproeiingsmeester te maak.
Rainmaker kruipspuit open nuwe opsies
‘n Koninklike lewe wag op Stals König van Bandelierskop se groente en weiding nadat hy sy eie Rotrix Rainmaker – die koning van kruipspuite – in ProAgri se lesersopname gewen het.