Irrigation Unlimited bied onbeperkte besproeiingsvoordele
k eMin besproeiingsmaatskappye in die wêreld is so deeglik in hulle veld ingegrawe soos Irrigation Unlimited. Hulle het regoor die wêreld gaan soek en voer net produkte van die allerbeste gehalte in uit Sjina, Spanje en Italië. Hulle verstaan alles van SABS-gehaltebepaling en hou in hulle onderdakbergruimte van amper 5 700m² genoeg produkte en onderdele aan om van enige boer ’n besproeiingsmeester te maak.
“Elf jaar gelde het ons direkteur, Frik Solms, die plan gekry om ’n maatskappy te begin wat as ’n bemarkingsarm van die aluminiumgietmaatskappy, Wahl Industries, sou dien om hulle besproeiingspype en koppelstukke te verkoop,” sê die verkoopsbestuurder, Tobie van den Heever.
Om hulle besproeiingsportefeulje te verstewig, het hulle kort daarna die kontrak losgeslaan om die Vyrsasproei- kopreeks uit Spanje in te voer.
Hulle produkreekse het oor die jare uitgebrei om ook PVC, polipropileen, gietyster en drukkoppelstukke in te sluit wat plaaslik vervaardig word of uit Sjina ingevoer word. Hulle lewer pype vanaf 50 mm (2 duim) tot 194 mm (8 duim) en koppelstukke vanaf 15 mm (halfduim) tot 415 mm aan die handelaar vir die boer.
Agt jaar gelede het hulle die Ocmisen Rotrix-kruipspuite wat reeds so bekend is by ProAgri se lesers, ook in hulle kraal gekry. Die Sime-kanonspuitreeks uit Italië het kort daarna gevolg.
Behalwe hulle eie vervaardigingsmaatskappy in die Kaap, doen Irrigation Unlimited ook meer as sy deel om kleiner vervaardigers op die been te help. In die gees van bemagtiging van kleiner vervaardigingsmaatskappye het Irrigation Unlimited ’n paar jaar gelede begin om vir hulle as bemarkingsarm te dien sodat hulle produkte uitsluitlik vir Irrigation Unlimited kan vervaardig terwyl hulle hulle outonomiteit behou. Vandag doen hulle vrugtevolle sake met meer as tien sulke maatskappye. “Daarbenewens het ons ’n tak in die Kaap (Bellville) en vasgestelde distribusie agente naamlik Flotek Pipes in Port Elizabeth en Tony Turner Agencies in Pietersburg,” sê Tobie.