domboer
Dom Boer se lag vir die dag:
Met sulke vriende... Jors het sy vrou belowe hy sal nie weer geld op perdewedrenne verwed nie, maar hy is so verslaaf daaraan dat hy dit nou skelmpies doen. Sy vriend kom kuier een aand en praat sommer met die intrapslag sy bek verby deur te vra: "Het jy[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Wees tog redelik Die regering behoort mense wat so oud soos Dom Boer is toe te laat om die spoedgrens na willekeur te oorskry... sodat ons ons bestemmings kan bereik terwyl ons nog onthou waarheen ons op pad is.
Dom Boer se lag vir die dag:
Ernstige saak Staatsaanklaer aan beskuldigde: “Jy word daarvan aangekla dat jy jou vrou koelbloedig vermoor het deur haar met ‘n hamer dood te slaan.” Man agter in die hof: “Lae, smerige vark!” Staatsaanklaer: “Die tweede klag van moord teen jou is dat jy jou skoonma ook koelbloedig vermoor het[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Tegemoetkomend Hennie is op pad huis toe van ‘n bruilof af toe ‘n verkeerskonstabel voor sy motor inspring. Verkeerskonstabel: “Wat het jy gedrink?” Hennie: “Skryf maar bier want jy sal tog nie ‘sjampanje’ kan spel nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Man met ‘n plan Die man wil ‘n nuwe huis laat bou en die argitek kom bespreek die projek met hom. Argitek: “Hoe moet die huis lyk?” Man: “Rond.” Argitek: “Ja Meneer, maar hoe moet die sitkamer byvoorbeeld lyk?” Man: “Rond.” Argitek: “En die kombuis?” Man: “Rond.” Argitek: “En[...]