Categories: GrappePublished On: 2nd May 2018

Dom Boer se lag vir die dag:

By 0 min read
39 words

skapioe

Wees tog redelik

Die regering behoort mense wat so oud soos Dom Boer is toe te laat om die spoedgrens na willekeur te oorskry… sodat ons ons bestemmings kan bereik terwyl ons nog onthou waarheen ons op pad is.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: JokesPublished On: 2nd March 2016

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
159 words

skapioe

Na dertig jaar…

Eendag loop ‘n jong man in die bos toe hy ‘n vreeslike gehuil en gekerm hoor. Hy gaan nader en sien dit is ‘n jong olifant wat met sy poot in ‘n strik gevang is.

Die man storm nader, maak die strik los van die poot af en dokter die poot totdat dit gesond is.

Dertig jaar later sit dieselfde man, nou natuurlik dertig jaar ouer, in die sirkus en kyk hoe die olifante hulle toertjies doen.

Skielik gaan staan een van die groot olifante stil en kyk die man reg in die oë. Na ‘n rukkie stap hy stadig nader en vroetel-vroetel snuiwend met sy slurp in die man se nek.

Toe krul hy sy slurp om die man se nek, trap met sy voorpoot op sy bors, pluk die man se kop heeltemal van sy lyf af en trap die man fyn en flenters op die grond.

Dit was toe nie dieselfde olifant nie.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Go to Top