Dom Boer se lag vir die dag:

images (11)
Ernstige saak
Staatsaanklaer aan beskuldigde: “Jy word daarvan aangekla dat jy jou vrou koelbloedig vermoor het deur haar met ‘n hamer dood te slaan.”
Man agter in die hof: “Lae, smerige vark!”
Staatsaanklaer: “Die tweede klag van moord teen jou is dat jy jou skoonma ook koelbloedig vermoor het deur haar met dieselfde hamer dood te slaan.”
Man agter in die hof: “Mislike, lae, smerige, gemene vark!”
Regter aan man agter in hof: “Meneer, ek het begrip daarvoor dat jy woedend en ontsteld is, maar jy moet jouself beheer anders sal ek jou uit die hof moet laat verwyder.”
Man agter in hof: “Ag Edelagbare, ek vra om verskoning. Neem my asseblief nie kwalik nie, maar ek woon al vyftien jaar reg langs die vuil, lae, gemene vark en elke keer as ek by hom ‘n hamer wou leen het hy gesê hy besit nie een nie.”