Categories: GrappePublished On: 2nd May 2018

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
120 words

bees

Man met ‘n plan

Die man wil ‘n nuwe huis laat bou en die argitek kom bespreek die projek met hom.

Argitek: “Hoe moet die huis lyk?”

Man: “Rond.”

Argitek: “Ja Meneer, maar hoe moet die sitkamer byvoorbeeld lyk?”

Man: “Rond.”

Argitek: “En die kombuis?”

Man: “Rond.”

Argitek: “En die slaapkamers en die badkamer?”

Man: “Rond, alles rond.”

Argitek: “Maar die gang en die stoepe?”

Man: “Ook alles rond.”

Argitek: “Maar Meneer, dit is tog onmoontlik om alles rond te maak. Hoekom wil u alles so graag rond hê?”

Man: “Want ek het gehoor my skoonma sê vir my vrou: ‘Terwyl julle dan nou bou, kan julle nie iewers vir my ook ‘n hoekie vind om in te trek nie?’.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: JokesPublished On: 26th February 2016

Dom Boer se lag vir die dag:

By 0 min read
41 words

bees

Wonderlike vooruitsig

Heinie storm na die kaartjieskantoor op die stasie en sê: “Gee my ’n enkelkaartjie na Gevaar.”

Kaartjiesklerk: “Jammer Meneer, daar is nie so ‘n plek nie.”

Heinie: “Daar is. Kyk, hier staan dit in die koerant: ‘Duisende Werkgeleenthede in Gevaar.’”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Go to Top