Categories: GrappePublished On: 3rd May 2018

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
140 words

1280×720-Cw-

Met sulke vriende…

Jors het sy vrou belowe hy sal nie weer geld op perdewedrenne verwed nie, maar hy is so verslaaf daaraan dat hy dit nou skelmpies doen.

Sy vriend kom kuier een aand en praat sommer met die intrapslag sy bek verby deur te vra: “Het jy toe gister enige geluk gehad met Haastige Hessie?”

Jors se vrou kyk Jors ‘n woedende kyk en storm by die kamer uit.

“Kyk wat het jy nou gedoen,” kla Jors. My vrou het gedink ek wed glad nie meer nie. Jy sal ‘n plan moet maak om die saak reg te stel.”

“Maklik,” antwoord die vriend en gaan klop aan die vrou se kamerdeur.

“Mevrou,” sê hy, “ek is jammer ek het jou onder ‘n wanindruk gebring. Haastige Hessie is nie ‘n perd nie – dit is ‘n kroegmeisie by die klub.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: JokesPublished On: 3rd March 2016

Dom Boer se lag vir die dag:

By 0 min read
70 words

1280×720-Cw-

Streng volgens opdrag

‘n Jongman stap die arkmark binne en vra: “Het jy vir my 26 muise, 18 rotte, 44 harige spinnekoppe en 369 kokkerotte?”

Arkmarkman: “Ek is bevrees ek kan net die muise verskaf, maar waarvoor wil jy al die onder gediertes hê?”

Jongman: “Ek is vanmôre uit my woonstel geskop en die eienaar dring daarop aan dat ek die plek in presies dieselfde toestand los as wat ek dit gevind het.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Go to Top