Covid-19
Saai verskaf platform vir reisdokumente tydens COVID-19-inperking
Saai, die organisasie vir familieboere, het ’n webgebaseerde platform vir familieboere en hulle werkers geskep waar noodsaaklike reisdokumente wat tydens die verpligte 21 dae lange COVID-19-inperking benodig word, opgelaai kan word. Landbou- en voedselvoorsieningverwante operasies, insluitend boerdery-, veeartsenykundige en plantegesondheiddiensverskaffers, plaagbeheerdienste, en chemiese en kunsmisverskaffers is geklassifiseer as noodsaaklike[...]
Landbou, ‘n strategiese sektor, moet nóú veilig wees!
Beide Agri SA en TLU SA doen ‘n beroep op hul lede tot groter waaksaamheid. Die polisie word ook gevra om in dié tyd hulle sigbaarheid in landelike gebiede te handhaaf. As landbou-organisasies besef ons dat daar nou baie druk op die polisie is en daarom het beide organisasies[...]
Volgehoue voedselproduksie is die pad na oorlewing in kwarantyn
Saai, die organisasie vir familieboere, verwelkom die regering se ferm optrede om die koronavirus te stuit, maar bestudeer nog die maatreëls wat die president aangekondig het om die potensiële implikasies vir boerderye te bepaal. Saai verwelkom veral die uitsondering van voedselproduksie en -verspreiding in die opskorting van ekonomiese bedrywighede.[...]
Suid-Afrika is ‘n voedselseker land en verbruikers word aangemoedig om paniekaankope te midde van COVID-19 te staak
Die toename in COVID-19 gevalle in Suid-Afrika is ‘n groot kommer vir almal. Die stappe wat deur die regering geneem is om die verdere verspreiding van die virus te bekamp, moet deur almal ondersteun word. Die instel van drastiese maatreëls word egter voorsien, indien die virus verder versprei. Die[...]
TLU SA stel riglyne bekend oor hantering van koronavirus op plase
TLU SA het onmiddellik na President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die nasionale ramp rondom COVID-19 (koronavirus), begin werk aan riglyne oor hoe ons lede die situasie kan bestuur. “Ons wil beklemtoon dat almal perspektief moet behou en nie oorboord moet gaan nie,” sê mnr. Louis Meintjes, die president[...]