Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 1st June 2023

Swartland Spuitpompe het die regte spuit vir jou plaas

By 2 min read
414 words

SWARTLAND SPUITPOMP -SEQ.00_26_28_21.Still005

Swartland Spuitpompe se stalletjie by NAMPO het baie aandag getrek.

Swartland Spuitpompe het in 1991 klein begin. “Ons het begin met die herstel en verkoop van spuite van ‘n ander fabrikaat. Nou ontwerp en vervaardig ons ons eie spuite en voer spuite vanaf Spanje in,” sê Sarel Swart, eienaar van Swartland Spuitpompe, by NAMPO Oesdag 2023.

Swartland Spuitpompe dek ‘n wye gebied en voer spuite uit na Zimbabwe, Mosambiek, Namibië, Botswana en Zambië.

Hulle het ‘n personeel van sestien mense en is soos een groot gesin. “Elkeen is ‘n kenner op sy gebied. Die jongste werknemer is vier jaar by my en die oudste werknemer is al van 1991 saam met my in die maatskappy,” sê Sarel.

Swartland Spuitpompe bou die spuite soos wat hulle klante dit wil hê sodat dit presies geskik is vir elke boer en elke plaas.

“Boere sê gewoonlik watter grootte waaiers hulle vir hulle spuite wil hê. Dit is baie belangrik, want terreine verskil en elke terrien het sy eie vereistes,” sê hy.

Swartland konsentreer op waaier-, wingerd-, bessie-, tonnel- en aarbeispuite en op alles wat in rye geplant word.

Swartland Spuitpompe se eie span in die Wes-Kaap gaan versien die boere se spuite op die plaas. “Ons probeer die beste diens gee wat ons kan en wil binne 24 uur onderdele by ‘n klant op sy plaas kry.”

Dit is ook baie belangrik om te sien dat die klant die regte spuitpunte (nozzles) gebruik. “Dit help nie jy lewer ‘n spuit af met die verkeerde spuitstukke nie,” sê Sarel.

“Ons gebruik 13 mm dik tenks, 800 mm dik onderstelle, sestonaste en swaardiensbande vir ons spuite – perfek vir Suid-Afrika se swaardiensterreine.”

Sarel Swart van Swartland Spuitpompe gesels oor hulle produkte by NAMPO.

Swartland se produkte:

  • RS-reeks
  • RS 3000 sitrus
  • Teyme GTX 9
  • Teyme GTE 10 A Neut

Alle RS-spuitmasjiene kan bestel word in die kleur wat die klant verkies om by sy trekker te pas. Die lugeenheid is oor ‘n tydperk van 50 jaar ontwikkel om ‘n eweredige vloei van lug te verseker.

Die spuit se lengte wissel tussen 3,2 en 3,75 m en dit is 1,8 m breed met groot bande wat grondverdigting verhoed. Die tenk is ‘n 13 mm dik veselglas met ‘n ingeboude 5 liter skoonwaterspoeltenk, en is vaartbelyn ontwerp om minder skade aan vrugte en bome aan te rig wanneer jy beweeg. Die RS-spuitmasjienreeks is beskikbaar in 1 000, 1 500, 2 000 en 3 000 ℓ.

Kontak Sarel Swart vir meer inligting oor hierdie spuite by 082-554-2121, 021-876-3510 of e-pos na rasc@adept.co.za, office@swartlandspuitpompe.co.za. Besoek ook hulle facebookblad www.facebook.com/Swartlandspuitpompe?locale=es_LA Of webblad: https://swartlandspuitpompe.co.za/

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0