Categories: Crop production, SeedPublished On: 17th December 2015

Starke Ayres: Uitsoeksaad vir jou boerdery

By 4 min read
684 words

STark

Fyn en fraai is woorde wat deur liedjieskrywers gebruik word om die prag van vroue te beskryf. Dit is ook die woorde waaraan ‘n mens dink wanneer die produkte van Erika Oberholzer se Pico-Gro Boerdery beskou word.

Fleurige laventel, geurige roosmalva, pikante kruie en guitige miniatuurgroente is onder die produkte wat die boerdery daagliks lewer as saailinge aan ander boere of netjies verpakte smulhappe op Woolworths se rakke. Agter die keurige produkte staan daar ‘n vrou van staal wat haarself nooit laat onderkry het deur sukkel en swaarkry nie.

Dit was nie ‘n maklike pad nie, maar soos Erika onlangs aan ‘n groep vroue by ‘n Starke Ayres-damestee verduidelik het: “Uiteindelik maak dit nie saak hoe sleg dinge was nie, want hoe moeiliker die tye, hoe meer waardevol die lesse wat geleer word.”

Deur die jare het Erika ‘n netwerk van kundiges opgebou en maatskappye op wie sy kan reken, soos Starke Ayres as saadverskaffer, uitgekies. Afhangend van die seisoen, koop Pico-Gro elke maand tussen 100 en 200 kg saad by Starke Ayres.

Enige boer weet dat gehalte plante by gehalte saad begin: saad wat getoets en bewys word, uitstekende ontkiemingskrag toon en voorspelbare, eenvormige plante lewer. Maar dit gaan nie net oor die gehalte van die produk nie. Volgens Erika word Starke Ayres onderskei deur hulle kliëntediens. “Pico-Gro is totaal op verhoudings gebou. Ons verskaffers word ‘n integrale deel van ons span, professioneel en persoonlik.

Henico, die verkoopsverteenwoordiger en Lindie, die ge- wasspesialis wat ons gereeld besoek, verseker die langtermynverhouding tussen ons en Starke Ayres met hulle uitstaande diens, beskikbaarheid, soms op baie kort kennisgewing en sommer net lekker kuier elke keer as hulle ‘n draai maak,” vertel sy.

Erika Oberholzer tussen haar vinnig groeiende saailinge. Tussen 100 en 200 kg saad word elke maand in die boerdery gebruik.

Erika Oberholzer tussen haar vinnig groeiende saailinge. Tussen 100 en 200 kg saad word elke maand in die boerdery gebruik.

Met Pico-Gro se 78 verskillende produkte wat aan ‘n wye verskeidenheid kliënte, ook oorsee, gelewer word, het Erika haar hande vol om te sorg dat al die bestellings vir al die verskillende behoeftes reg gelewer word. Daar is nie nog tyd om te sukkel en te wonder oor saadaankope nie.

Starke Ayres se produkreeks maak voorsiening vir Pico-Gro se spesialisprodukte soos die spesiale kleure spinasie en ook die slaaie, seldery, wortels, radyse en ander groente wat op ‘n vroeë ouderdom geoes word om as miniatuurgroente (micro-greens) verkoop te word.

Sommige van die saad word spesiaal gekweek vir die miniatuurplante. Ander soorte saad word net nie met die gewone agrochemiese middels behandel wat nodig is vir suksesvolle verbouing in ‘n konvensionele stelsel nie en daar is ook gewone saad wat in ander stelsels gebruik kan word. Dit hang af van die groeityd van die produk.

Henico Alberts van Starke Ayres vertel dat saadontwikkeling by die maatskappy berus op die kundige insette van Starke Ayres se tegniese span, asook plaaslike en buitelandse genetika. Baie navorsing word in die moderne laboratorium gedoen om te verseker dat net die beste saad aan boere beskikbaar gestel word.

Vroue in landbou is onlangs deur Starke Ayres vereer met ‘n damestee wat by Pico-Gro aangebied is. Heel regs is Chris Kennedy wat as motiveringspreker die vroue aangemoedig het om hulle drome te volg.

Vroue in landbou is onlangs deur Starke Ayres vereer met ‘n damestee wat by Pico-Gro aangebied is. Heel regs is Chris Kennedy wat as motiveringspreker die vroue aangemoedig het om hulle drome te volg.

Starke Ayres spog met ‘n wye verskeidenheid produkte wat F1-basters insluit, wat die navorsingspan self ontwikkel en teel om weerstand teen plaaslike siektes te bied. Boere kan steun op die plaaslik aangepaste variëteite, maar het ook die keuse om genetika vanuit die buiteland vir sekere spesialisprodukte te kry. Henico sê: “Ons kom plaas toe en maak seker dat ons die beste produk vir die omstandighede op die plaas aanbeveel.”

Soos Erika sê: “Dit is geen geheim dat ek, uit die aard van my bedryf, besonder veeleisend kan wees en soms op baie kort kennisgewing bestellings uitgevoer moet kry nie. Henico hanteer hierdie aspek van die verhouding tussen ons maatskappye uiters professioneel. Hy loop dikwels die ekstra myl en meer.”

Bestel jou staatmaaksaad by Starke Ayres. Skakel kliëntediens by 0860-782-753 of stuur ‘n e-pos na onlineenquiries@starkeayres.co.za om uit te vind wie die verteenwoordiger in jou omgewing is. Vir meer inligting, besoek www.starkeayres.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0