Categories: Artikels, NuusPublished On: 14th June 2018

Stap saam deur NAMPO

By 4 min read

01AgriAfrika van bo

Wanneer GROOT oplossings nodig is, is Agri Afrika gereed met hulle Great Plains, Ombu en vele ander oplossings.

Daar was ‘n magdom hoogtepunte op ons NAMPO-roete en ons gaan oor die volgende paar weke poog om soveel as moontlik uit te lig. JOLT, die nuwe plaaslike elektriese plaasbakkie het verseker aandag getrek. Maar kom stap gerus saam met ons deur NAMPO.

agrico

Agrico is besig om sy eie werktuigreeks drasties uit te brei. By NAMPO is die nuwe SB1000 waaierspuit (agter) aan boere bekend gestel. Die onderstel is volversink, die tenk is van duursame poliëtileen en jy kan kies tussen ’n waaier van 630 mm vir wingerde of 800 mm vir boorde. Boere kon ook kennis maak met Agrico se nuwe hoëspoedskotteleg (voor) wat teen ’n blitsige 12 km/u werk. Elke skottel is geveer en daar is verskillende rollers beskikbaar vir saadbedvoorbereiding. Kyk gerus na Agrico se video van die werktuig in aksie hier.

Falcon

Falcon versprei ook Amazon-spuittoerusting en by NAMPO het die reeks UF-gemonteerde presisiespuite met hulle slanke tenks van 1 050 tot 1 920 liter wat knus teen die trekker pas, veral aandag getrek. Met die FT 1001-voorgemonteerde tenk, kan jy jou vloeistofkapasiteit met 1 000 liter verhoog.

falcon

Baie boere in suidelike Afrika maak staat op Falcon vir hooimaak en grassny. Anna du Plessis en Bennie de Villiers van Falcon sê met die hulp van die F60/450 Flexwing-snyer kan boere nou met min trekkerkrag en lae onderhoudskoste 4,5 meter wyd en vinnig sny, en net die snyer se vleuels optel om deur die kampe se hekke te ry.

nampo

Irrigation Unlimited kon vanjaar hulle pype neerlê op ’n aansienlik groter standplaas en die drie manne, Barry van Wyk, Ryno Serfontein en Martin Uys, sê hulle weet nou hoeveel mense besoek NAMPO! Die Ocmis-wateraangedrewe besproeiingstelsels kan op enige plaas ’n water- en kragslim toepassing vind.

smith power

Smith Power, veral bekend as die verspreider van Kubota-trekkers, speel ’n groeiende rol in landbou met ’n reeks toerusting wat boere se werk van grondvoorbereiding tot in die pakhuis makliker maak. Benewens die sowat 40 handelaars wat Smith Power se toerusting versprei, is hulle ook besig om tien takke landwyd oop te maak: Stefan van Wyk (links) en Annemarie Bremner (regs) van ProAgri het gedeel in Wally Bergmann, besturende direkteur van Smith Power, se opwinding oor die nuwe Kubota M7-172 trekker wat homself gou tuis en nuttig sal maak op enige vee- of saaiplaas, met ’n ongeloofl ike hyservermoë van 8 ton.

Die EGO-batterystelsel wat boere, huiseienaars en kontrakteurs gaan help om weg te beweeg van peperduur brandstof en elektrisiteit as kragbronne vir kragtoerusting, is ook een van Smith Power se produkte. Met twee batterye kan jy heeldag in die veld werk, want die een kan laai terwyl die ander een werk.

LEMKEN het ’n rewolusie in grondbewerking in Suid-Afrika veroorsaak as voorlopers in die veeldoeligebewerkersklas, wat in een beweging kan sny, inwerk, gelykmaak, grond herkonsolideer en saadbed voorberei. Die blouspan by NAMPO was Rudi Botha, Christo Prinsloo, Karel Munnik, Blackie Swart, Monia Shears en Jacobus Beyers.

New Holland

New Holland het nie net goeie naverkopediens nie, maar hulle werktuie is ook van die beste. Hulle CRtweeling-rotorstroper het sy plek in die “Guinness World Book of Records” behaal as die kragtigste stroper in die mark met die grootste kapasiteit. Die stroper, wat hard werk maar jou graan sagkens behandel, was by NAMPO te sien. New Holland is sterk aan die groei in Suid-Afrika en vas van plan om die markleier te word.

jolt

Al ProAgri se lesers wat wou weet hoe lyk JOLT, hier is hy! Jaco Pieters van Rumax, wat die elektriese bakkie vir die plaas gebou het, sê hy moes net keer of ’n paar boere het net daar ingeklim en met die bakkie plaas toe gery. Elke wiel het sy elektriese motor en jy moet net onthou om so een maal per week die batterye te laai.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0