Spesiaal vir die boer wat wil boer: New Holland-trekkers bied nuwe doeltreffendheid

TT490_FB_2023
New Holland se TT4-reeks word rondom jou ontwerp en ontwikkel en kombineer moeitelose, kragtige werkverrigting met nuwe aantreklike kenmerke.
New Holland Agricultural het ՚n wye reeks trekkereenhede van 27 tot 66 kW om in die vraag van die mark te voorsien.
TT3-reeks
Die TT3-trekkerreeks is ontwerp na aanleiding van uitgebreide kliëntekonsultasie, terugvoer en insette. Eenvoudig gestel, jy kan sê die TT3 is ontwerp deur boere, vir boere. Om aan die vereistes van vandag se veeleisende operateurs te voldoen, bied die vier-model TT3-reeks, wat 27 tot 37 kW lewer, moderne stilering, uitstekende operateursgerief, onoortreflike werkverrigting in sy segment, sowel as die waarde en veelsydigheid wat klante verwag van New Holland. Dit is beskikbaar in twee- en vierwielaandrywing en 8×2-ratkas.
Tradisionele New Holland-stilering is in die nuwe TT3-reeks geïntegreer. New Holland se ikoniese katoogligte maak dit onmiddellik herkenbaar as ՚n New Holland-trekker, en verseker ՚n helder, wye verspreiding van lig wanneer tot laat in die nag gewerk word. Die enkelstukkap maak maklik oop en bied maklike toegang vir roetine-onderhoud.
Die herontwerpte sitplek het geïntegreerde vering en ekstra materiaal vir uiterste gerief. Die armleuning verbeter ook die gemak deur die dag. Alle sleutelkontroles is so geposisioneer dat hulle natuurlik byderhand is vir produktiewe ergonomiese werking en die semi-platform bied meer ruimte en groter operateursgerief.
Die produktiewe driesilinder-dieselenjins is propvol krag en stel jou in staat om die mees veeleisende take met gemak te voltooi, veral dié wat meer algemeen met kragtiger masjiene geassosieer word. Die meganiese kragaftakker (PTO) lewer robuuste en betroubare werkverrigting. Verder beteken die groot brandstoftenk dat jy nog langer kan werk voordat jy moet volmaak.
New Holland weet jy wil hê jou trekker moet soveel take as moontlik op jou plaas uitvoer. Daarom is veelsydigheid in die TT3 se DNS. ՚n Driepunthyser en maklike instandhouding voltooi hierdie pakket.

TT-reeks
As jy dit oorweeg om 40 tot 55 kWtrekkers te koop wat beskikbaar is in sowel 2- as 4-wielaandrywing, met uitstekende werkverrigting, dan is die trekkers wat die beste gaan pas die New Holland TT55, TT65 en TT75 . Met kenmerke soos uitstaande krag, spoed, hysvermoë en trekkrag, oortref hierdie trekkers die verwagtinge ver terwyl hulle hoë brandstofdoeltreffendheid behou.
Die TT-modelle word voorsien van ՚n ROPS en sondakkie, gedeeltelik gesinkroniseerde transmissie plus opsionele kruipspoed en onafhanklike kragaftakker (PTO). Agterasse het nat skyfremme met ՚n groot oppervlak vir veilige en doeltreffende remaksie. Hulle is ook toegerus met New Hollandenjins; bekend vir robuustheid, betroubaarheid en uitstekende wringkrageienskappe.
Die ontwerp verbeter die operateursarea, wat meer beenruimte en beter operateursgerief bied. Die hefbome is spesifiek so geposisioneer dat die ratwisseling makliker is en minder moeite verg. Die nuut ontwerpte instrumentepaneel is nie net esteties beter nie, maar bied ook beter sigbaarheid van die meters.
TT4-reeks
New Holland het die TT4 rondom jou ontwerp en ontwikkel om moeiteloos kragtige werkverrigting met nuwe, aantreklike kenmerke te kombineer. Dit plaas jou op die voorpunt met trekkertegnologie in hierdie klas.
Gekenmerk deur ՚n stewige ontwerp, soos die kenmerkende New Hollandontwerptekens wat nie net goed lyk nie, maar produktiwiteit en funksionele uitleg verbeter, floreer die TT4 om tot die uiterste gedruk te word. Die TT4-enjins bied meer as net spierkrag. Hulle stel die hoogste standaarde vir sowel dinamiese werkverrigting as brandstofverbruik, danksy FPT Industrial-enjins.
Die TT4-reeks is eenvoudig om te bedryf, maklik om te onderhou en gebou om lank te hou.
Dit bied maksimum werktyd en verminderde instandhoudingskoste, wat geld terug in jou sak sit.
Om lang ure in die veld deur te bring kom maklik met die TT4. Dit bied gerief en ruimte, met ՚n ware platdekbedryfsplatform, stuurkolom- gemonteerde pendelhefboom en ergonomiese kontroles, wat verseker dat jy gemaklik werk en deurgaans in volle beheer bly.
Ander kenmerke sluit in ՚n maksimum hysvermoë van 3,5 ton, tot 60 liter per minuut hidrouliese vloei en ՚n 12 x 12-kragpendeltransmissie (power shuttle).
Vir meer inligting, besoek www.newholland.com/za of kontak Jaco du Preez by 082-524-8898.