Soutpansberg Bonsmaras: 2024 produksieveiling uitslae

LOT 15 – BBP210242
LOT 15 - BBP 210-242 verkoop vir R90 000
Soutpansberg Bonsmara het hulle jaarlikse produksieveiling gehou op die 11de Oktober te plaas de Ruigte, Vivo. Ten spyte van uitdagende ekonomiese toestande kyk die groep terug na ‘n suksesvolle dag en bedank elke koper en ondersteuner.
Hier is die veiling uitslae:
- Stoetbulle verkoop teen ‘n gemiddeld van R61 000 met die hoogste prys van R90 000 aan Floris Venter (Bosbult Meule) vir Lot 15 van BBP 210-242
- Kommersiële koeie met kalwers haal ‘n gemiddeld van R23 900 met die hoogste prys van R26 000
- Kommersiële dragtige koeie verkoop teen ‘n gemiddeld van R22 600met die hoogste prys van R26 000
- Kommersiële dragtige verse verkoop teen ‘n gemiddeld van R22 900met die hoogste prys van R25 500
- Kommersiële oop verse verkoop teen ‘n gemiddeld van R16 400met die hoogste prys van R19 000
Geluk aan elke koper en teler wat die dag bygewoon het en bygedra het tot die sukses van die veiling.