Sernick Bonsmara-groep pak die bul by die horings: Stoetbul verkoop vir R2,2 miljoen tydens hulle 46ste produksieveiling

IMG-20240607-WA0001
Die Lot 5 bul wat vir R2,2 miljoen verkoop is.
Die passie vir boerdery hou harde werk en baie geduld vir enige boer in. Nick Serfontein, die voorsitter van die Sernick-groep, hou testament van hoe sy jong droom om te boer ‘n realiteit geword het, en volle tevredenheid vir jare se groei en opbou, ontbloot op die 7de Junie met die verkoop van ‘n R2 200 000 Sernick bul.
Hierdie is ook ‘n rekordprys opgestel vir die Sernick-groep. Palmietfontein Bonsmaras (Carl Gutter & Quinton Ferreira) is die gelukkige koper van die besonderse Lot 5 NFS 22-71 Sernick bul.
Kyk hier! Alle oë op lot 5 by die 45ste produksieveiling: https://www.facebook.com/reel/1875989506185453
Serfontein het met baie optimisme oor die beesvleis bedryf hierdie veiling aangepak omdat hy geglo het dat die speenkalfprys herstel sal word weens spesifieke politieke faktore en die potensiaal van nuwe uitvoermarkte. Hy het ook beklemtoon dat vanjaar ’n kopersmark bied en beesvleisprodusente aangemoedig om in hoë gehalte vee te belê, wat beslis by hierdie veiling gebeur het.
Indien jy die veiling gemis het, hier is die gemiddelde:
- Bulle – R157 000
- Stoet koeie – R54 100
- Kommersieel koei en kalf – R21 500
- Kommersieel dragtige koeie – R21 034
- Kommersieel 3-in-1 – R24 900
- Kommersieel dragtige vers – R18 406
- Kommersieel verse gereed vir bul – R13 900
Hierdie veiling was opgedra aan Pieter Booysen wat onlangs na ‘n lang siekbed afgesterwe het. Pieter was meer as 33 jaar betrokke by die Sernick Bonsmara kudde en sy toegewydheid en kennis sal baie gemis word.
Nick Serfonfontein bedank elke koper verteenwoordig en aanlyn wat hierdie veiling ‘n sukses gemaak het en sien om almal weer te verwelkom by die volgende Sernick Bonsmara veiling.
Besoek Sernick Bonsmara-groep se webtuiste by www.sernick.co.za vir meer inligting oor komende veilings.