Categories: NewsPublished On: 21st September 2016

Rooivleispryse kan met 15% styg

By 1 min read
223 words

rooivleis

Rooivleisliefhebbers moet spaar vir die feestyd wat voorlê, want volgens FNB word daar verwag dat rooivleispryse met 15% teen Desember gaan styg. Paul Makube, landbou-ekonoom, sê die styging is te wyte aan die voorsiening van vee wat minder geword het. “Dit is as gevolg van die droogte, dit het boere gedwing om hulle beeskuddes te verklein.”

Indien die reën kom kan boere weer hulle kuddes opbou. “As die getalle weer toeneem sal die produksiesiklusse ook toeneem,” het hy gesê.

Rooivleisslagtings was ook vanjaar aansienlik hoër in vergelyking met die afgelope drie jaar as gevolg van die droogte. Volgens FNB is die slagting van skape tans 111% hoër as in 2015. Stygende verbruikersaanvraag is ook ‘n faktor wat bydra tot die hoër pryse voor die feesseisoen.

Daar word ‘n seisoenale prysverhogings tussen R3,4 per kilogram en R5,7 per kilogram vir Klas A beesvleis verwag.

“Verbruikers wat verkies om ‘n Klas A-lam  oor die feestyd te braai kan verwag om tussen R5,6 en R9,4 per kilogram meer te betaal,” sê Paul.

Die stygende rooivleispryse kan die vraag na varkvleis bevoordeel. “Verbruikers sal oorskakel na meer bekostigbare vleis.”

Maar dit is nie noodwendig waar vir pluimvee nie aangesien invoere ‘n impak op pluimvee se pryse het.  Dit gaan ook oor waar jy vleis aankoop, want bemarkingskostes is ook by die pryse ingesluit.

Bron: Fin24.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0