Rooivleisbedryf goed op koers met RMIS

redmeat 2
RMIS wil verbruikers inlig oor die voedingswaarde, volhoubaarheid en veelsydigheid van rooivleis en fokus op leemtes in die opleiding van vleisverwerkers en sertifisering van slaghuise. (Bron: Pixabay)
Die nasporingsplatform is deur die Rooivleisbedryfsdienste (Red Meat Industry Services – RMIS) ontwikkel met die doel om doeltreffendheid, deursigtigheid en mededinging in die rooivleisbedryf te bevorder.
Die doel met die platform is om te verseker dat elke skakel in die rooivleiswaardeketting – van die boer tot die kleinhandelaar – akkuraat nagespoor en bestuur word.
Na ‘n jaar se bestaan kan RMIS met trots terugkyk op talle maniere waarop die diens ‘n positiewe invloed op die rooivleisbedryf gehad het, en uitsien na sinvolle projekte in 2025.
Die sleutelmylpale in 2024
Die eerste fase van die nasporingsplatform het internasionaal-erkende unieke nommers aan produksie-eenhede verskaf wat die hoeksteen van ‘n omvattende stelsel lê.
Interaktiewe statistiek-paneelborde op die RIMS-webtuiste monitor nasionale voorkoms van siektes met die hulp van meer as 200 veeartse, nasionale slaginligting, vleispryse en inligting oor invoere en uitvoere.
Die mobiele prosesseringseenheid (Mobile Processing Unit of MPU) het meer as 2 000 beeste by diptenks en kommunale en ontwikkelingshulp-plase (Land Development Support (LDS) tydens die loodsprogram prosesseer, asook standaard operasionele prosedure en ‘n geïntegreerde sagteware-oplossing (Enterprise Resource Planning, ERP) ontwikkel voor die projek nasionaal uitgebrei word.
Die MeatMENTOR-program, ‘n omvattende bedryfsgroeioplossing, bied 12 tegniese en besigheidsmodules vir rolspelers in die rooivleisbedryf.

Sertifisering van rooivleis fokus op die verbetering van kwaliteit deur die hele waardeketting in lyn met internasionale standaarde en riglyne en akkreditasie. (Bron: Pixabay)
Die vleisveiligheid en -klassifikasie is in plek om omvattende oudits te verseker.
Inisiatiewe om kapasiteit te bou sluit 19 geakkrediteerde opleidingskursusse met 514 deelnemers, 18 studiegroepsessies met 488 deelnemers, 27 boeredae met 3411 deelnemers, en 9 webinare met 5 389 deelnemers. Vyftig plase is besoek. plase is besoek.
Altesaam 45 plase is vir die Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se ontwikkelingshulpprogram evalueer en ‘n omvattende besigheidsplan is vir elkeen van gedoen. Tans word nege projekte implementeer en lewende hawe is reeds aan drie van die projekte gelewer.
‘n Omvatttende aanlyn ondersteuningsplatform vir gr 12-onderwysers in landbouwetenskappe is in samewerking met My Life en Sagritex ontwikkel.
Die program help onderwysers om onderhoudende lesse met video-hulpbronne voor te berei vir ‘n doeltreffende multimedia leerervaring.
Verbruikersopleidingveldtogte
Programreekse soos die weeklikse Recipe Trios en Facts and Hacks in die Know your Bits-reeks op sosiale media en YouTube Shorts lig verbruikers in oor bief- en lamsnitte. Hoogtepunte sluit Women’s Wellness Month, wat fokus op onderwerpe soos Vitamine B, yster, proteïen en hormoonresidu in.
Die programme het in samewerking met Tuks Diere- en Kulinêre Wetenskap video’s oor slagtegnieke en karkasverwerking ontwikkel en het werksessies aangebied.

Bief en Lam SA wil die verbruiker aanmoedig om meer rooivleis te eet. (Bron: Pixabay)
Projekte vir 2025
RMIS se 2015 program bou voort op verlede jaar se suksesse. Die 2025 Projekportfolio word ondersteun deur ‘n R50 miljoen-begroting vir tien strategiese inisiatiewe wat in lyn is met die 2030 Rooivleisvisie.
Die portfolio sluit ‘n voortgesette reeks en nuwe inisiatiewe in wat fokus op tegnologie en strategiese vennootskappe om kritieke uitdagings aan te spreek en nuwe geleenthede te skep.
Dit sluit die aanstelling van biosekerheidsbeamptes en ‘n toegewyde RMIS-beampte vir Diere- en Openbare Gesondheid in.
Die begroting word soos volg toegeken
- Nasporingsplatform vir datadeling en kommunikasie: R6 000 000 (12%)
Fase een van die bedryfsgedrewe Nasporingsplatform wat op 1 November 2024bekendgestel is, word voortgesit. Dit fokus p die identifikasie van produksie-eenhede in die waardeketting, insluitend plase, kommunale grond, veilingshuise, voerkrale, slagpale en prosesseringsaanlegte waaraan ‘n internasionale nommer wat uniek aan die ligging daarvan is.
Die volgende fase fokus op die ontwikkeling van die nasporingsdataplatform en integrasie van onafhanklike rekordhoudingstelsels sodat alle inligting soomloos gedeel kan word. Sleutelelemente sluit die minimum vereistes vir nasporingsdata, standaarde vir die deel van inligting, merker-akkreditasie en ‘n enkele numeringsisteem in ten einde nakoming te verseker.
Die platform is ontwerp om kritieke kwessies soos dieresiektebestuur en die voorkoming van veediefstal aan te spreek. Dit moet ook handelsgeleenthede deur deursigtige inligting bevorder en marktoegang vir die kommersiële waardeketting en uitvoermarkte verbeter.
- Inklusiewe groei: R10 000 000 (20%)
Mobiele prosesseringseenhede met die nodige geriewe en verskaf opleiding aan boere met betrekking tot die bestuur van hulle vee op hulle plase en by diptenks in kommunale gebiede. Die geriewe word gebruik deur opgeleide persone wat opleiding sal fokus waar leemtes bestaan. Die eenhede sal ook verseker dat die aanbring van merkers, brandmerke, onthoorning en inenting doeltreffend en menslik geskied.
- Bedryfs-dieregesondheids-rekordstelsel: R800 000 (1%)
Die statistiek-paneelbord wat verlede jaar geskep is, sal bydra tot ‘n omvattende oorsig oor dieregesondheidstendense in die land. Die voortgesette versameling van data en analise sal lei tot beter kommunikasie tussen produsente en veeartse sodat dieresiektes doeltreffend mitigeer kan word.
- Bedryfs-vleisveiligheid: R6 600 000 (13%)
Die Rooivleisbedryf Diere-Openbare-gesondheidsdienste sal verseker dat veiligheid van produkte en opleiding by slagpale voortgesit word. Dit sluit die klassifikasie van vleis en veiligheidsoudits in. Nuwe sagteware word ontwikkel wat die standaard operasionele prosedure sal digitiseer, wat dit makliker sal maak om vleisprodukte wat nie aan standaarde voldoen nie te identifiseer.

Die RMIS-platform is ontwerp om kritieke kwessies soos dieresiektebestuur en die voorkoming van veediefstal aan te spreek (Bron: Pixabay)
- Gesertifiseerde Suid-Afrikaanse rooivleis: R1 000 000 (2%)
Die projek fokus op die verbetering van kwaliteit deur die ganse waardeketting in lyn met internasionale standaarde en riglyne en akkreditasie. Dit sal sertifisering van plase, voerkrale en slagpale insluit en verbruikers die versekering gee dat voldoen word aan vereistes vir naspeurbaarheid, biosekuriteit, dierewelsyn en vleisveiligheid.
- Veediefstal: R2 000 000 (4%)
Hierdie projek fokus op die daarstelling van ‘n digitale stelsel vir die soomlose aanmelding van veediefstal. Die doel is om inligting te versamel en te deel sodat sleutelrolspelers ingeligte besluite kan neem. Die projek wil ook sinvolle en doeltreffende intervensies identifiseer en prioritiseer om veediefstal te voorkom ten einde die voortbestaan van produsente in die rooivleiswaardeketting te ondersteun.
- Produsent/produksie ontwikkeling deur kommunikasie: R5 500 000 (11%)
‘n Beduidende kommunikasiegaping is in die rooivleisbedryf identifiseer wat aangespreek moet word deur die ontwikkeling van die produsent en die produk deur inligting en hulpbronne te verskaf.
- Verbruikersopleiding: R2500 000 (5%)
Bief en Lam SA wil die verbruiker aanmoedig om meer rooivleis te eet. Die projek wil verbruikers inlig oor die voedingswaarde, volhoubaarheid en veelsydigheid van rooivleis en die publiek se vertroue in die bedryf versterk. Daar sal ook gefokus word op leemtes in die opleiding van slaghuise en blokmanne.

Mobiele prosesseringseenhede met die nodige geriewe verskaf opleiding aan boere met betrekking tot die bestuur van hulle vee op hulle plase en by diptenks in kommunale gebiede.(Bron: Pixabay)
Die E-leerprogram vir onderwysers in die landbouwetenskappe word in samewerking met die Departement van Onderwys voortgesit met die ook op voortgesette verbetering sodat die volgende geslag landbouers beter toegerus word.
- Navorsing en ontwikkeling: R9 000 000 (18%)
Hierdie inisiatief beklemtoon die toepassing van ‘n funksionele navorsingstruktuur in die rooivleisbedryf. RMIS wil verseker dat alle navorsing betekenisvol bydra tot die bevordering van die bedryf.
- Biosekerheidsbeamptes en Diere-Openbare Gesondheidsbeamte: R7 000 000 (14%)
Met die inisiatief word beoog om biosekerheid in die lewendehawebedryf deur hierdie beamptes te versterk.
Kontakbesonderhede
Kontak RMIS by 076-331-4172, stuur ‘n e-pos aan info@rmis.co.z of besoek die webtuiste by https://rmis.co.za/