Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 24th May 2024

Reinke haal nuwe hoogtes met hulle spogproduk: Die Shark-spilpuntwiel

By 2 min read
424 words

IMG_3859

Reinke se standplaas by NAMPO 2024 het weer talle boere se aandag getrek.

Toeganklikheid, tydbesparing en kostedoeltreffendheid is alles waarna ’n boer soek in vandag se tyd met die vinnige pas van lewe en hoë aanvraag vir goedere. Reinke Suid-Afrika oortref die verwagtinge deur na die hart van die boer om te sien en om oplossings te bied wat boerderye tot in die volgende geslag in bevorder.

Met die tema van NAMPO 2024: Landbou in die digitale era, het Reinke beslis nie lyf weggesteek nie, en met trots hulle nuwe luglose spilpuntwiel aan boere bekendgestel. Vir Reinke is dit van uiterse belang om altyd aan die voorpunt van tegnologie te bly en net die beste aan die boer te bied.

Werner Wolvaardt, sake-ontwikkelingsbestuurder van Reinke Suid-Afrika en Afrika, vertel meer oor die Shark-wielontwerp en hoekom dit uitblink in die besproeiingsbedryf.

“Daar is baie produkte wat soos hy lyk, maar bitterlik min van hulle wat soos hy werk,” sê Werner terwyl hy verduidelik wat die wiel so uniek maak.

Werner Wolvaardt, sake-ontwikkelingsbestuurder van Reinke Suid-Afrika en Afrika, vertel meer oor hulle nuwe, gewilde spogproduk: Die Reinke Shark-spilpuntwiel.

Werner brei uit oor die voordele van die Shark-spilpuntwiel:

  • Die Shark-wiel is ’n luglose wiel wat nie kan pap word nie.
  • Die wiel is maklik toeganklik omdat die komponente van die wiel afsonderlik afgehaal en vervang kan word. Dit bespaar baie tyd vir die boer omdat die produksieproses in die land nie lank hoef stil te staan nie.
  • Die wiel is gemaak met ’n meeuvlerkontwerp wat breër grond vastrap soos wat die wiele vorentoe beweeg en veroorsaak kompaksie in die spoor waarin die wiel loop.
  • Die ontwerp van die wiel verseker dat daar nie diep spore deur die land gelos word nie, en plante word nie vernietig nie.
  • Die spilpunt kan dus maklik beweeg sonder om vas te sit en bereik al die dele wat besproei moet word.
  • Die Shark-wielword gerugsteun met ‘n beperkte waarborg vir 5 jaar.

Skougangers word hartlik ontvang en verwelkom by die Reinke standplaas.

Werner sê verder dat dit die moeite werd is om die wiele aan jou spilpunt te sit, veral in lande waar jy gereeld pap wiele kry of waar dit moeilik is om die spilpuntwiele te ruil en dat dit definitief ’n langtermynbelegging is.

Die hoë aanvraag vir die nuwe produk spreek van die gehalte waarvoor Reinke Suid-Afrika bekend is en skep nuwe moontlikhede vir besproeiingsboere.

Vir meer inligting, kontak Reinke Suid-Afrika deur hulle te skakel by (+27)87-654-5828 of hulle webtuiste te besoek. Kyk gerus ook na hulle Facebookblad.

Die spesiale Reinke Shark-spilpuntwiel wat in lewende lywe aan boere by NAMPO bekendgestel is.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0