Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 21st December 2023

Raceview Motors veel meer as net motors

By 3 min read
572 words

DSC_0245

Om ՚n motorhandelaar te wees gaan oor veel meer as motors koop en verkoop. Dit gaan daaroor om ՚n aandeel hê in ՚n gesin se lewe, om deel te wees van die oplossing om geliefdes bymekaar te bring en om ekonomiese sukses moontlik te maak – alles deur vervoer. Altans, dit is hoe die toegewyde Raceview Motorgroep dit sien.

2024 beloof om die jaar te wees waarin vele van die ideale waarheen die motorgroep werk, bewaarheid sal word. “Ons het baie goed om na uit te sien dié jaar,” sê Nico Grobler, hoofbestuurder van nuwevoertuie-afdeling: HAVAL, GWM, Cherry, Omoda en Mahindra. “Ons is besig om ons persele te vergroot, waaronder ons werkswinkel wat binnekort klaar sal wees. Hierdie dienssentrum sal verseker dat ons topgehalte nadiens kan lewer aan al ons klante.

“Dit is danksy ons klante wat ons in staat is om te belê in nog persele en uitbreidings,” beklemtoon hy. “Dit is alles goed en wel om motors te verkoop. Dit gaan oor meer as verkope vir ons.

“Ons wil graag terug belê in die mense wat ons gebring het tot waar ons vandag is. Daarmee saam kan ons ook meer mense aanstel om aan hulle ՚n toekoms te bied.”

Die nuwe uitbreidings bestaan uit:

  • 1 600 m² vloerruimte
  • 16 werkstasies
  • Nuwe opleiding van personeel
  • Byna ՚n verdubbelling in mannekrag om hierdie ruimte ten volle te benut.

Dit beteken dat ongeveer 80 voertuie per dag versien kan word.

Dit gaan oor diens aan die mense wat alles moontlik gemaak het.

՚n Wêreldklas dienssentrum in wording. Dit is hoe die bouery begin het. Gaan jy gaan loer hoe lyk dit nou?

Diens op ՚n ander vlak – selfs vanuit ՚n ander wêreld!

Een van die mikpunte van die groep is om tegnologiese middels, selfs so gevorderd soos kunsmatige intelligensie, te gebruik wat verseker die klant kry werklik die beste diens.

“Wat ons raakgesien het, is dat ons dit kan toepas om die kommunikasieskakel tussen die klant en die werkswinkel te verbeter,” sê Nico.

Die tegnologie behels radiofrekwensie-ettikette wat deur verskeie lesers regdeur die werkswinkel gelees word en inligting oor die vordering aan die motor se eienaar stuur. Dit gee ՚n duideliker aanduiding van hoe lank dit sal neem voordat die eienaar die motor kan kom haal, sodat hy ook beter kan beplan.

Nog ՚n voordeel is dat ՚n eienaar dadelik ingelig kan word indien daar tydens ՚n versiening opgemerk word dat ՚n onderdeel onklaar is of vervang moet word. Die eienaar het die geleentheid om daaroor te besin. Moet dit onmiddellik vervang word? Of moet dit eerder wag tot die volgende versiening?

“Die stelsel hou rekord van al hierdie kommunikasie. Werktuigkundiges kry byvoorbeeld die inligting dat ՚n eienaar met die vorige besoek besluit het om nie die remskoene te vervang nie en dat dit dus nou gedoen moet word.” Verder het die stelsel ook die voordeel om werksvloeibestuur binne die groep te handhaaf.

“Ons het ook ՚n toegeruste, gerieflike plek waar klante wat vir ՚n kort tydjie moet wag vir herstelwerk kan koffie drink en rustig werk in die werkstasies met WiFi en snuiterytjies wat beskikbaar is,” voeg Nico by. “Van die bespreking tot wanneer jy jou motor terug het moet glad verloop,” sluit hy af.

Later in die jaar kan besoekers ook verwag om die nuwe vertoonlokale te sien.

Bespreek gerus jou motor se volgende versiening by Raceview Motors. Die kontaknommer vir die werkswinkel is (+27)11-724-3000. Die nuwe werkswinkeladres is 6 Dante Straat, Raceview, Alberton.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0