ProAgri 242

voorblad
Net die tyd sal leer of ons in ‘n mediese krisis of in ‘n ekonomiese krisis is. Internasionaal is daar ‘n paar politieke leiers en gesaghebbende waarnemers wat meen dat die sluiting van ondernemings (tydelik of permanent) en die verlies aan inkomste as gevolg van die wêreldwye staat van inperking tot meer sterftes kan lei as die koronavirus self.
Ons kinders sal eendag vir ons vertel wat ons moes gedoen het, maar mense kan net besluite neem op grond van die inligting wat nou tot hulle beskikking is en ons paar landjies hier aan die suidpunt van Afrika kan verseker nie standpunt inneem teen die wêreldneiging nie.
Die ProAgri Mediagroep ondersteun die stappe wat gedoen word om die verspreiding van die virus te keer in al vyf lande waar ons tydskrifte versprei word. Ons wil hê ons lesers moet gesond bly!
Ons is ook dankbaar dat die landbou een van die noodsaaklike bedrywe is wat kan voortgaan met bedrywighede. ProAgri in Suid-Afrika, sowel as ProAgri Zambia en ProAgri Botswana / Namibia / Zimbabwe, word soos altyd gratis by punte versprei waar boere steeds voer, saad, kunsmis en ander insette kan gaan koop. Ons verwag dat daar vertragings in die verspreiding van die tydskrifte kan wees, maar ons gaan voort soos altyd om ons adverteerders se boodskap na die boere te neem.
Ondertussen het ProAgri ook in die gees van die Vierde Nywerheidsrewolusie ‘n geruime tyd gelede begin om nuwe metodes van sake doen te ontgin en aan te gryp. Deur ons soek-en-verkoop-blad, www.agri4all.com, aook www.proagri.co.za en ons goedgestruktureerde veldtogte op sosiale media, bereik ons elke maand derduisende boere en ander rolspelers in die landbou.
Ons nooi jou uit, veral as jy hierdie brief aanlyn lees, om dit so wyd en ver as moontlik te versprei. As jy, soos ons bestaande 141 000 intekenare, al ons tydskrifte elke maand per e-pos of WhatsApp wil ontvang, stuur net jou adres of telefoonnommer na benine@proagri.co.za. As jy iets het om te verkoop, gaan laai dit op www.agri4all.com of vra hulp by nita@agri4all.com.
NAMPO het geskuif na Augustus, maar in hierdie uitgawe kan jy nou al in jou gemakstoel of terwyl die stroper op outostuur sy ding doen, lees van al die tegnologie wat beskikbaar is. Een van die dae plant ons weer – maak seker jy is in die regte rat!
Boer slim!
Annemarie Bremner >annemarie@proagri.co.za
Probeer om aan te sluit, maar word nie aanvaar nie. E-pos adres is mmooten@mweb.co.za,
Dankie.
Marianne Vermooten
Hi Marianne- sal jou e-posadres by die lys voeg.