Categories: Nagereg, ReseptePublished On: 5th December 2017

Piesang-roomys

By 1 min read
140 words

23825886_402036950231213_2093832589498694088_o

Wat is nou lekkerder as ‘n resep met net drie bestanddele en wat net 10 minute vat om aanmekaar te slaan?

Jy benodig:

– 4 Groot ryp piesangs

– 2 Eetlepels grondboontjiebotter

– 100 ml Kondensmelk

Nou maak jy so:

– Sny die piesangs in skywe en vries vir 1 – 2 ure.

– Plaas die gevriesde piesangs in ‘n Blender en blend stadig totdat dit lekker romerig is.

– Voeg nou die Grondboontjiebotter en kondensmelk by.

– Blend vir ‘n verdere 1 minuut en skep uit in ‘n lugdigte houer.

– Plaas in die vrieskas to dit gevries is.

*Jy kan die grondboontjiebotter vervang met enige iets waarvoor jy lus is.

Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf: www.deliciouscatering.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0