Passie – die dryf agter Meyersvlei Bonsmaras

328924436_545320174460966_715326087816193419_n
Hennie van Dyk se passie vir boer het sedert sy kinderjare begin vlam vat. Voordat Meyersvlei Bonsmara Stoet Boerdery in 2009 tot stand gekom het, het dit reeds ‘n lang geskiedenis van boer voor dit gehad.

Eienaar van Meyersvlei Bonsmaras, Hennie van Dyk en sy vrou, Arina.
“Soos baie jong mans was dit van kleintyd af my droom om te boer. Om die droom waar te maak, moes ek lank eers ‘n 8-tot-5 werk doen en studeer. My droom kry vorm met die aankoop van Meyersvlei in 2001 en die beeste was van die begin af ons fokuspunt,”
vertel Hennie van Dyk, eienaar van Meyersfontein Bonsmara.
“Om ‘n Bonsmarastoet te registreer was ‘n maklike keuse – akkurate meting en rekordhouding asook die genootskap se ondersteuning het my gehelp om ‘n ingeligte keuse te maak,” deel Hennie.
Hennie het sy eerste Bonsmara verse in 2002 gekoop, en soos hulle sê: Dit was liefde met die eerste oogopslag!
Bonsmaras is bekend vir ‘n besonderse temperament, kalwingsgemak met groeikragtigheid en uitstekende aanpasbaarheid. Meyersvlei Bonsmaras se teelbeleid is gefokus op die teel van vrugbare mediumraam diere wat gehard is en floreer in basies alle ander goed bestuurde omgewings of klimate.
‘n Verdere belangrike punt is dat Bonsmaras se teelbeleid en hoë rasstandaarde verseker dat ons kopers ‘n ingeligte keuse kan maak ten opsigte van hulle kudde se behoeftes.
“Om ‘n stoet op die been te bring as deeltydse boer tot en met 2020 moes ek fyn beplan. Ons kan gelukkig altyd by vooraanstaande telers om raad aanklop, en het gepoog om die beste genetika wat ek kon te bekom om my kudde te verbeter,”
sê Hennie.
In 2009 het Hennie die Meyersvlei Stoetery geregistreer en bulle op groepsveilings begin verkoop.
In 2011 het hy 4 bulle by die Greylingstad se Bul-en Ramveiling aangebied, en in 2012 ses bulle, waarvan HVD 100009 die hoogste bulprys op die veiling behaal het.
“Teen 2017 het ons die groot stap geneem om op ons eie veiling te hou en ons 1ste produksieveiling aan te bied met 28 bulle,” vertel Hennie.
“Sedert 2020 boer ek voltyds en ons groei deur die genade elke jaar van krag-tot-krag en kon ons die plaas Vlakspruit net buite Secunda aankoop. Ons produksieveiling is vir ons ‘n jaarlikse hoogtepunt. Dis heerlik om mede-telers persoonlik te ontmoet en die dag saam te geniet. Dit is vir my die lekkerste lekker om vir iemand ‘n teeldier aan te bied wat ‘n verskil in sy kudde kan maak. “
Meyersvlei bied vanjaar met trots hulle 7de Produksieveiling aan.
Op aanbod:
- 40 geregistreerde stoetbulle
- 25 geselekteerde vroulike diere
“Elke jaar sien ons die groei in kwaliteit van die veilingsdiere en hierdie jaar bied ons die eerste seuns van ons belegging in Syferfontein 150097 aan. LOT 4 is weereens ‘n besonderse bul uit ‘n Up George koei (LAR 070264) en Syferfontein SYF 150097,” sluit Hennie af.

Geregistreerde stoetbul, Lot 4 (HVD200076), wat op aanbod gaan wees.
Meyersvlei-veiling word deur BKB aangebied.
Boekmerk Woensdag, 21 Junie 2023 om 11:00 op die plaas Meyersvlei in die Standerton-distrik, om seker te maak jy mis nie uit op topgehalte diere!
Kontakbesonderhede:
Vir meer inligting besoek graag hulle Facebookblad by https://www.facebook.com/MeyersvleiBonsmara, skakel Hennie van Dyk (Eienaar) by +27 82 901 6327 of Tielie Crawford (BKB Bemarker) by +27 82 331 2038.
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com
Kliek hier om na die video te kyk op ProagriMedia.