Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 19th September 2023

Oos wes, tuis bes met Go West Tuli’s

By 1 min read

368753919_318030980736153_5495795755201210031_n

Go West Tuli’s maak gereed vir hulle 12de Go West Tuli veiling, die 20ste Oktober 2023.

Wat presies is ‘n Tuli, behalwe sag op die oog?

Die Go West Tuli-groep se antwoord vloei soos heuning uit een mond: Doeltreffend en volhoubaar.

Die Tuli is ’n eg Suider Afrikaanse, inheemse ras, geteel deur natuurlike seleksie oor ’n tydperk van 2000 jaar.

Die Tuli is ‘n ekstensiewe veldbees wat goed aard op natuurlike veld. Die ras is alombekend vir hulle vroeë volwassenheid, uitstekende temperament en uitsonderlike moedereienskappe, alles eienskappe wat vir beestelers ’n volhoubare belegging beteken in hulle beeskudde.

Dit is ’n geharde, aanpasbare bees wat in strawwe toestande floreer, tussen berge en dale, op sandveld en bosveld, tot kusbos en grasvlaktes. ’n Unieke eienskap van die Tuli is ook die feit dat hulle hitte-uitputting, hartwater, rooiwater en galsiekte bestand is. Die perfekte kandidaat vir kruisteling!

Dagboek 20 Oktober 2023 om 11:00 vir Go West Tuli veiling by Kimberly Veemark, Paulpietersburg.

Kliek hier om die veiling op Agri4all te sien

Op aanbod:

Geregistreerde diere:

  • 28 SP Bulle
  • 60 Vroulike diere

Kommersiële Tuli-tipe:

  • 2 Bulle
  • 50 Vroulike diere

*In alle produksie stadias

Vir enige navrae kontak:

Dave Marais (VS Bemarker) by (+27)72-205-3816

Ben Raath (Organiseerder – Donkerhoek) (+27)83-468-6176

Giel van Niekerk (Ganna) by (+27)83-269-8443

Ed Clark (HBH) by (+27)82-573-0223

Leslie Cook (Amelia) by (+27)76-617-6471

Alwyn Marx (Alpha en Omega) by (+27)83-448-7870

Gert Schmidt (Alpha en Omega) by (+27)84-941-1395

Colin Raath (Acacia Mountain) by (+27)82-320-2863

Jim Bredenkamp (Wolhaarkop) by (+27)83-679-7333

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment