Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 18th March 2024

Om te weeg is om te weet: Verbeter veeprestasie met Gallagher

By 3 min read
511 words

IMG_6162

Weeg is die manier om rekord te hou van jou vee se prestasie. Daarvoor is ‘n betroubare weegskaal nodig. Livetrack bied jou betroubare  Gallagher-weegskale van die hoogste gehalte, wat met die minste moeite en omslagtigheid werk.

Livetrack SA is ‘n verskaffer van ‘n wye verskeidenheid veehanteringstoerusting, vanaf skaap- en beeskratte tot weegskale en vee-identifiseringsprodukte. Hulle fabriek is buite Stellenbosch geleë, maar hulle bedien klante regoor Suid-Afrika.

“Ons besigheid het ontstaan deur drie vennote wat geglo het – en nog steeds glo – dat daar ‘n groot tekort aan gehalte hanteringsfasiliteite van internasionale standaard is,” sê Deon De Jager, een van die drie aandeelhouers van Livetrack SA. “Ons voel Suid-Afrika moet net soos eerstewêreldse lande kan klaarkom met minder plaasarbeid. Daarom moet hanteringsfasiliteite van so aard wees dat boere daartoe in staat is.”

Die hele Gallagher-weegstelsel is op hierdie wegkrat. Die koppelvlak met die skerm is gerieflik op ooghoogte. Onder die krat is die weegbalke.

Gehalte is die wagwoord met Gallagher

Omdat Livetrack SA ingestel is om lewendehaweboerderye se werking te verbeter, bied hulle onder meer hanteringsfasiliteite, elektroniese weegskale en dataversamelingstoestelle, identifikasieprodukte en skeertoerusting aan. Elke produk is met die hand uitgesoek om die boer die beste voordeel te gee.

“Ons streef daarna om die beste nasionale en internasionale oplossings vir ons klante te gee,” verduidelik Deon. “Gallagher is een van die internasionale markleiers wanneer dit kom by elektroniese skale, weegbalke en RFID-aftasters. Dit is hoekom ons met trots verspreiders van hulle produkte is.”

Hy lig uit dat hulle selfs Gallagher se reeks elektrieseheiningtoebehore ook aanhou. “Ons is gemaklik om ons naam agter die Gallagher-produk te sit en ons vertrou die ondersteuningsnetwerk wat Gallagher bied.

“Ons voel Gallagher is voorlopers wanneer dit kom by nuwe tegnologie. Ons wil graag onsself ook sien as vernuwers op ons gebied en dus is dit lekker om saam so ‘n maatskappy te werk.

“Die produk is van uiterste hoë gehalte met uitstekende naverkopediens,” getuig hy.

Die weegbalke is onder die weegkrat gemonteer.

Gallagher-weegskale help jou kudde se kondisie bepaal

Ervare boere weet dat weegskale nie net gebruik word om te bepaal of diere slaggereed is nie. Nee, die gebruik van akkurate weegskale beteken jy kan mooi rekord hou van jou vee se groei, wat jou bestuursbesluite beïnvloed. Stadige groei, byvoorbeeld, kan ‘n aanduiding wees dat voeding verander moet word of aanvullings by die dier se dieet gevoeg moet word.

Indien ‘n spesifieke dier se gewig afneem, kan dit ‘n aanduiding wees dat die dier siek is. As meer as een dier in jou kudde wys hulle is ongesond, is jou probleem groter as net een siek skaap of bees. Maar die goeie nuus is dat selfs hierdie potensiële probleme vinnig opgelos kan word indien jy dit gou agterkom.

‘n Bees word in die weegkrat gelei om te demonstreer hoe die Gallagher-weegskaalstelsel werk.

Kontak Livetrack SA vandag om jou Gallagher-weegstelsel te bekom. Hulle nommers is (+27)21-981-0939 en (+27)83-266-5599. Besoek ook hulle webtuiste by https://livetracksa.com/ vir meer inligting. Jy kan Gallagher Animal Management ook direk kontak by (+27)11-974-4740.

Foto’s: Livetrack SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0