Categories: NuusPublished On: 18th June 2018

NWK en sy boere wil droë Suid-Kaap weer help

By 1 min read

DSC_0428

Die NWK-Groep het in 2017 met die hulp van sy boere meer as 100 ton mielies gelewer aan boere van die droogtegeteisterde Herold-omgewing in die Suid-Kaap. Die situasie in dié streek het nog nie verbeter nie en boere word aangemoedig om vanjaar weer hulp aan te bied.

Die ramp weens die droogte in die streek is besig om kritiese afmetings aan te neem en fondse word ingesamel vir boere wat weens die tweejaarlange droogte op hulle knieë gedwing is en die veetroppe moes verminder om net kernkuddes te behou.

Volgens die Herold Boerevereniging het voerproduksie weens die droogte vir die derde jaar misluk. “Die damme is leeg en boorgate verskaf net-net genoeg water vir suipings,” aldus Russel Hanly, die voorsitter. Hy sê verder produsente het nie versekering teen so ‘n ramp nie en die sosiaal-maatskaplike impak hiervan op die streek se ekonomie is dramaties.

NKW het ʼn leweringsrekening geskep waarteen produsente mielies vir dié doel tot 31 Augustus vanjaar by sy silo’s kan lewer. Dié rekeningnommer is X980422WND. Ter ondersteuning van die Help Herold-boere in Nood-aksie stel NWK ʼn kontantbedrag van R50 000 beskikbaar vir vervoerkoste.

Bron: NWK

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0