Nu Alcade Bonsmaraboere glimlag breed na die 38ste suksesvolle veiling

TMB220065
Die duurste bul van die dag was Lot 10 – TMB 220065.
Bonsmara boere van heinde en verre het saamgetrek vir die 38ste Nu Alcade veiling by die Warmbad Veemark op 20 Februarie. Die Nu Alcade Bonsmaragroep het saam met die gasverkopers gesorg vir ‘n besonderse goeie veilings aanbod met 17 stoetbulle, 127 kommersiële diere en 462 slagvee en speenkalwers.

Fanus Weldhagen van Suikerboschfontein Poultry Farm is die trotse nuwe eienaar van die duurste bul wat op die dag verkoop is.
Die duurste bul van die dag was Lot 10 – TMB 220065 van Thinus Maritz wat deur Fanus Weldhagen van Suikerboschfontein Poultry Farm naby Cullinan gekoop is vir R380 000.
Fanus sê dat die bul presies die eienskappe gehad het wat hy nodig het om sy kudde te verbeter. “Buiten vir die bul se uitstekende genetiese eienskappe, het Thinus Maritz se bulle ook ‘n goeie naam in die bedryf,” vertel Fanus.
Die res van die stoetbulle het teen ‘n gemiddelde prys van R93 676 verhandel.
Die kommersiële diere het ‘n totale omset van R2 559 750 behaal en is in die volgende kategorieë ingedeel:
| Diere | Aantal | Gemiddelde Prys | Hoogste Prys | Koper | Verkoper |
| Dragtige koeie met kalwers | 10 | R24 000 | R24 500 | The Ultimate African Safaris/Bongela Livestock | Netkor Boerdery |
| Koeie met kalwers | 36 | R22 833 | R27 000 | JD Venter | Thinus Maritz |
| Dragtige koeie | 32 | R18 500 | R22 250 | AAG Logistics | Thinus Maritz |
| Dragtige verse | 43 | R18 529 | R25 500 | JD Venter | Thinus Maritz |
| Verse by bul geloop | 6 | R18 166 | R19 250 | JD Venter | Thinus Maritz |

Marnus Liebenberg(L) en Rudolf van der Veen(R) van Allied Nutrition oorhandig die pryse vir die hoogste bul en hoogste kommersiële diere wat vir die dag verkoop is aan die verkoper, Thinus Maritz.
Die slagvee en speelkalwers afdeling het besonders goed gedoen met ‘n totale omset van R5 812 350 en 462 diere wat verkoop is.

Baie geluk aan elke verkoper en koper met die uitstaande diere! Lees die volledige verslag hier.
Kontak Tiny Smith – 082 698 3353 / tiny@proagri.co.za of Bianca Henning – 082 326 2572 / bianca@proagri.co.za om jou veiling te bemark.