Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 11th September 2023

Nextorch se rateltaai kragflitse laat die donker spat!

By 5 min read

DSC_0010

Niemand kan stry nie – ՚n onmisbare vriend op enige boer se plaas is ՚n goeie, betroubare, taai, sterk flitslig wat die duisternis verdryf om beurtkag te fnuik, te kyk of boewe die opstal bekruip, te sien of jou diere en werktuie nog veilig is, aan trekkers, pompe of ander toerusting te werk en nog duisend-en-een ander take.

Nextorch (Edms) Bpk is in Maart gestig saam Nextorch Internasionaal en is nou die amptelike invoerder en verspreider van die Nextorch-reeks in Afrika.

Die verskeidenheid flitse wat te koop aangebied word, strek oor die volledige spektrum van moontlike behoeftes van elke verbruiker, hetsy sekerheid, kampeer, in en om die huis en ander spesialisvelde, soos die opsporing van vermiste persone/vee. Die beste is dat hulle flitse bekostigbaar en gewaarborg is!

Nextorch-flitse word volgens weermagspesifikasies vervaardig

Alle Nextorch-produkte voldoen aan weermagspesifikasies. Kyk gerus aanlyn waar die Nextorch-flitse deeglik getoets word en selfs uit ‘n helikopter gegooi word.

Alle Nextorch-flitse is water- en valbestand tot die hoogste spesifikasie. Algemene waterdigtheidspesifikasies wissel van IPX1 tot IPX8 (Ingress Protection Rating). Nextorch se produkte is geklassifiseer as FL (na IPX8 die hoogste gradering), wat beteken dat dit vir militêre doeleindes gebruik kan word.

Alle flitse word vervaardig van dik aluminium om hulle lig te hou en om te verhoed dat hulle te warm word. Die lense word van polimeer gemaak, nie glas nie, wat die duursaamheid en langlewendheid van die flitse bevorder. Daar is ook geen vry-bewegende dele aan die flitse nie, wat ՚n vereiste is vir weermagklassifisering.

Nextorch doen geen herstelwerk aan flitse nie, sou die flits ophou werk en binne die waarborgvoorwaardes val sal hy bloot vervang word.

P82-langafstandflits

Die P82 is ՚n langafstand-kolligflits vir nagjagdoeleindes en om veediefstal te voorkom. Hierdie flits kan tot 1 km ver skyn! Hierdie langafstandflits is ontwerp met twee verskillende strale, wat gelyktydig skyn — een lang straal vir ver sien, en een breë straal om maklik beweging rondom die hoofstraal te gewaar.

Met sy indrukwekkende batterylewe kan die flits op sy hoogste verstelling aanhoudend skyn vir 3,5 uur. Die flits het wolframpunte vir selfverdediging (indien nodig) en om ՚n kar se ruit te breek in ՚n noodgeval. Die flits het ook het ՚n stroboskoopfunksie om ՚n aanvaller in ՚n noodsituasie te disoriënteer. Hierdie flits het ook opsionele ekstras beskikbaar indien jy die flits op jou geweer se teleskoop of kolf sou wou monteer.

Nextorch se topgehalte kragflitse. Die P82-langafstandflits (links) en die P81 handflits (regs) is wat enige huishouding benodig.

P81-handflits

Die P81 is jou alledaagse werkeselflits, geskik vir alledaagse gebruik in en om die huis. Die WL22 straal is breër as die P82 lang-afstand flits s’n om dit meer gebruikersvriendelik te maak op korter afstande en binnenshuise toepassings. Hierdie flits kan vir 2,5 uur aanhoudend skyn op sy maksimum verstelling.

Die flits het ook wolframvoorpunte vir selfverdediging en om ՚n motorkar se ruit in ՚n noodgeval te breek. Die flits het ook het ՚n stroboskoopfunksie om ՚n aanvaller in ՚n noodsituasie te disoriënteer.

Nextorch se P81 handflits is geskik vir alle gewone take in en om die huis.

WL22 pistoollig en laser

Die WL22 is ՚n pistoolflits/laserkombinasie vir selfverdediging. Hierdie flits word maklik onder aan jou handgeweer gemonteer. Hierdie flits heg aan enige Picatinny-spoor of hegtingspunt aan jou pistool, dus kan hy op enige geweer met ՚n Picatinnyspoor, selfs ՚n jaggeweer gemonteer word. Die flits kan met die USBC-laaier gelaai word sonder om dit van die wapen af te haal en laai vol binne een uur.

Die WL22 skyn 100 m ver en is beskikbaar in ՚n opsie van ՚n rooi of groen laser. Die rooi laser is meer toepaslik vir sekerheid of taktiese doeleindes, waar die groen meer geskik vir jag is. Die rooi laser skyn 1 km ver en die groene skyn 2 km ver.

Nextorch se WL22 pistoollig en -laser word gemonteer op die Picatinny-spoor of enige hegtingspunt aan jou pistool.

Batterykrag

Nextorch vervaardig hulle eie batterye ter wille van gehalte en langlewendheid. Flitse kan gelaai word met ՚n USB-C-laaier, wat beteken dat jy nie die battery uit die flits hoef te haal om dit te laai nie en dat jy nie enige snaakse laaitoestelle benodig nie. Jy kan sommer die flits in jou bakkie laai met die sigaretaansteker. Die kabeltjie kom as standaard saam met die flits.

Die P81- en P82-flits wys mooi hoe vol die battery is – vier blou liggies wat elk 25% van die totale lading voorstel. Wanneer die flits aangeskakel word, kan die liggies duidelik gesien word. Soos die battery pap word, sal die liggies een vir een afgaan om die lading voor te stel. Wanneer die battery amper pap is, sal die laaste blou liggie rooi flits. Dit is baie belangrik in noodgevalle.

Nextorch hou gereeld aand-demonstrasiebyeenkomste op plase sodat boere die flitse in aksie kan sien. Hierdie byeenkomste word in samewerking met TLU SA, studiegroepe, Afriforum en verskeie ander organisasies aangebied. ՚n Onlangse demonstrasiebyeenkoms wat in samewerking met Afriforum aangebied is, is deur 120 boere bygewoon, wat bewys hoe belangrik lig vir die boer is.

Nextorch nooi ook boere wat demonstrasies wil reël om met hulle te skakel.

Staan ՚n kans om een van drie Nextorch-flitse te wen! Gedurende September kan jy een van drie Nextorch-flitse wen.

Hou ProAgri se Facebookblad dop vir meer inligting. Nextorch bied ook 10% afslag vir enigiemand wat ProAgri noem met ՚n bestelling.

Vir meer inligting oor Nextorch se verskeidenheid kragflitse of indien enigiemand belangstel om ՚n demonstrasie by te woon, kontak vir Werner van der Westhuizen by (+27)73-769-2073, stuur ՚n e-pos na info@nextorch.co.za of besoek hulle webwerf by www.nextorch.co.za.

Deel hierdie artikel.

2 Comments

  1. Frans Botha 2nd November 2023 at 08:52 - Reply

    Can u pls send me your price list

    • Benine Ackermann 6th November 2023 at 14:31 - Reply

      Hi we will send your enquire on to Nextorch to come back to you.

Leave A Comment