Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 2nd September 2025

New Holland vier 50 jaar van oesmasjieninnovasie

863 words

CR8_80_Revelation_Tier4B_17_112

Sedert 1975 is New Holland se Twin Rotor™-stropers die onbetwiste markleiers in terme van kragdoeltreffendheid, kapasiteit, graan- en strooigehalte. Ons vier 50 jaar van voortdurende ontwikkeling en verbetering van die CR-stroperreeks, toegerus met die nuutste tegnologie vir voortreflike kraguitset, werkverrigting, kapasiteit, en graan- en strooi-gehalte. 

Binne die New Holland CR Revelationstroperreeks bied ons ՚n verskeidenheid stropers wat aangepas is vir jou oesbehoeftes — van die oppervlakte wat geoes moet word, die kopbreedte wat benodig word, tot spesifieke vereistes en die beskikbare oesvenster om jou waardevolle gewas van die land af te kry.

Topmateriaalvloei

Die Dynamic Feed Roll™ (DFR) bevorder materiaalvoering en verseker ՚n konstante materiaalvloei na die Twin Rotor™, wat ՚n kragbesparing van 7 perdekrag (5,2 kW) en ՚n kapasiteitsverhoging van tot 10% meebring. Met die reguit en egalige vloei van materiaal deur die TwinPitch Rotors™ word die skoonmaakoppervlak egalig belas vir optimale skeiding van gewas en materiaal.

Die DFR verseker lineêre spoedaanpassing tussen die werkmodules om selfs groen en nat materiaal te verwerk. Dit beteken boere kan vroeër soggens en later saans oes. Diep gesnyde skoppe van die DFR dien ook as klipbeskerming om die gewasvloei-komponente te beskerm.

Die TwinPitch Rotor™-stelsel is ontwerp vir twee belangrike voordele: Die rotors se hoë spoed rasperstawe met die eier-vormige konkaaf opening laat genoeg spasie toe vir ՚n gewas-opgewas dorsaksie wat baie sagter is as gewas-op-konkaaf dorsaksie. Die ontwerp verseker ՚n doeltreffende dorsaksie, veral met hoë opbrengste. Om die beste strooi-gehalte en brandstofverbruik te verseker, is dit krities dat die gewas die regte tyd binne die stroper bly – daarom is die CR-stropers toegerus met die korter 2,64 m rotorontwerp. Met die kombinasie van TwinPitch Rotor™ en Dynamic Flow Control™ is daar ՚n beduidende besparing op brandstof en die beste strooi-gehalte.

Die nuutste generasie CR-stropers neem strooptegnologie na die hoogste vlak.

Skoonste graanmonster in sy klas

Die Opti-Clean™-skoonmaakstelsel verseker optimale skeiding tussen skoon graan en ander materiaal. Dit werk binne sy eie raam en kan die stelsel gelyk hou selfs al kantel die stroper tot 17 grade, wat dit ideaal maak vir beide gelyke en ongelyke werkoppervlaktes. Opti-Fan™-tegnologie kompenseer vir die effek van swaartekrag op gewasmateriaal.

Wanneer die stroper op ՚n gelyke vlak oes, kan die verlangde waaier spoed gekies word. Die waaier spoed word ook outomaties aangepas wanneer teen ՚n helling op of af beweeg word. Die RotoThresh™-herdorsstelsel werk buite die hoof dorsarea om maksimum kapasiteit vir alle gewasse te verseker. Na die herdorsproses word die gedorsde gewas met skoppe terug na die skoonmaakarea gestuur en nie na die hoof dorsarea van die rotors nie, wat die hoof dorsarea nie oorlaai of graan beskadig nie.

Superieure kajuit

Die stroper se kajuit is ergonomies maar eenvoudig ontwerp. Alle funksies is maklik om op te stel, met alles wat nodig is om beheer te behou en die werk met ՚n druk van ՚n knoppie te doen – niks meer en niks minder nie. Elke aanpassing of aksie wat tydens die dorsproses benodig word, kan vinnig gedoen word, terwyl alle nodige inligting op die Intelliview IV™-monitorskerm verskyn. Vanuit die kajuit het die operateur ՚n duidelike 180 grade uitsig oor die
materiaalinvloei na die stroper.

Outomatisering

Die Intellisense™-stelsel van New Holland is die antwoord op die groeiende vraag na modernisering. Intellisense™ stel die stroper in staat om proaktief elke 20 sekondes te reageer en aanpassings te maak uit 280 miljoen moontlikhede. Intellisense™ bevat die sifladingsensor wat saam met die Grain Cam™ werk om nodige aanpassings te maak volgens die berekende strategie. Die Intellisense™-stroperoutomatiseringstelsel bied ongeëwenaarde operateursgerief en verhoog die stroper se werkverrigting met tot 20% gedurende lang werksure wanneer operateurkonsentrasie nie altyd op 100% is nie. Terwyl Intellisense™ die nodige aanpassings hanteer, kan die operateur fokus op materiaalvloei, draai by wenakkers en die uitlaai van die graantenk.

NAMPO Kaap 2025

Kom besoek die New Hollandstandplase 71, 72, 73, 76, 77 en 78 by NAMPO Kaap 2025 en verwag om verstom te wees deur die vertoning van die monsteragtige Next Level CR10-stroper en die Braud 8.50L Kompakte Driuwe-oesmasjien.

Die CR10-stroper is ՚n heeltemal nuwe argitektoniese ontwerp om die totale koste van oes te verminder. Die ontwerp is gebaseer op vier spesifieke pilare om ՚n masjien te bied wat hoogs produktief is met die 635hp Cursor 13-enjin wat die 2×24″ Twin Rotor™-dorsstelsel aandryf. Die ontwerp sluit ook die Twin-Clean™-geslote kring-skoonmaakstelsel in wat uitsonderlike graankwaliteit en minimale verliese verseker. Die residubestuurstelsel is aansienlik verbeter met die IntelliSpread™-radarstelsel wat ՚n effektiewe materiaalverspreiding van tot 18m kan bied.

Die 8.50L Kompakte Driuwe-oesmasjien is toegerus met die BRAUD-funksies wat jy ken en vertrou, en is herontwerp en verbeter. Shaking Dynamic Control laat fyn afstelling van die roeraksie toe om by die gewas en toestande te pas. Die hoë kapasiteit Noria-mandjievervoerbandstelsel – ՚n kenmerk van BRAUD-masjiene sedert 1979 – gee hierdie masjiene al die kapasiteit wat nodig is om die inkomende gewaslading te hanteer, maar met die respek vir die wingerde van ՚n menslike plukker.

Opti-Grape™ II kombineer vingerrotors wat oor ՚n gaas werk vir volledige ontstingeling met ՚n turbine-gegenereerde lugvloei wat ՚n lugkussing skep vir deeglike verwydering van blare, stingelmateriaal en gedroogde druiwe. Die resultaat? Maksimum opbrengste van hoë gehalte geoesde vrugte.

New Holland: Saam jou, Seisoen na seisoen.

Vir meer inligting besoek www.newholland.com/za of kontak vir Derrick Coetzee by (+27)82-524-7447.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0