Categories: Artikels, Meganisasie, TrekkersPublished On: 22nd April 2025

New Holland T7 HD “Heavy Duty”- trekkerreeks

558 words

T7HD_FB_2024_1_082024

Die gepatenteerde geïntegreerde groot vierkantbaler-beheerkenmerk maak dat die T7 HD en 'n groot vierkantbaler as ‘n eenheid werk.

Die T7 HD reeks is nou al ‘n jaar in Suid-Afrika en hierdie Vlak V-trekker het almal verbaas met sy krag en werkverrigting. Daar is drie modelle in die reeks, naamlik die T7.290 HD (199 kW), die T7.315 HD (221 kW) en die T7.340 HD (250 kW).

Hierdie eenhede is toegerus met die 6,7 liter FPT Industrial NEF-enjin wat die ECOBlue™ HI-eSCR 2-stelsel (echo Selective Catalytic Reduction) gebruik om die uitlaatgasse te verminder. Hierdie vernuwende nabehandelingstelsel is ‘n onderhoudsvrye, gepatenteerde oplossing wat bedryfskoste tot die minimum beperk. Die dieseltenk hou ‘n massiewe 630 liter wat minder stop- en staantyd beteken om vol te maak.

Die 4-spoed Auto Command™ deurlopend veranderlike transmissie (CVT) dra by tot die doeltreffende werking van hierdie eenheid en het ‘n maksimum spoed van 40 km/uur.

Die Megaflow™-hidrouliese geslotebaan 220 liter olievloei voorsien voldoende vloei saam met vyf volledige elektroniese hidrouliese koppelings en die “Power beyond” hoë-vloeikoppeling. Hierdie is om seker te maak dat die toerusting wat saam met hierdie trekkers gebruik word doeltreffend werk.

Hyserkapasiteit is 11 058 kg by die hyserballe met 10 305 kg 610 mm agter die balle met die 120 mm hulpsilinders. Daar is ‘n opsie vir ‘n voorhyser wat 6 016 kg optel by die hyserballe.

Die kragaftakker (PTO) is ‘n 4-spoed wat die volgende omwentelings gee:

  • 540
  • 540E
  • 1 000
  • 1 000E

Die 35 mm (1 3/8 duim) as werk op al die opsies en die 44, 5 mm (1 ¾ duim) as word ekstra voorsien vir harde werk teen 1 000 opm.

Dit is ook toegerus met die PLM Intelligence™ wat die Intelliview™ 12-skerm en SideWinder™ Ultra insluit. Die beheerarm kan verstel word sodat die Commandgrip™-multifunksiehandgreep gemaklik in die operateur se hand pas.

Daar is ook tien knoppies wat geprogrameer kan word soos verkies. Dit maak dit makliker vir die operateur om doeltreffend te werk. Tellematika is ook standaard saam met die outomatiese stuurstelsel wat oop is vir RTK-verbindingsein.

Data-oordrag is ook deel van die standaardpakket. Isobus II-koppelings is ook klaar geïntegreer en reg om te gebruik.

Terraglide™ saal-tipe voorasvering is standaard saam met die Comfort Ride™ meganiese kajuitvering. Die Horizon™-kajuit is die stilste in die mark met 66 dB(A). Die nuwe kajuit is ook 7,5% groter in volume, het 11% meer glas, 33% wyer toegang en 14% groter deur in vergelyking met die vorige reeks se kajuit.

Daar is verskillende bande-opsies van enkel- en dubbelwiele.

Beladingsgewigte word volgens jou behoefte aangepas en die maksimum gewig is ‘n allemintige 16 800 kg.

Ons fokus tans vir Suid-Afrika op die T7.315 HD-eenheid en bring dit standaard in met die Blue Power-pakket. Dit sluit in die opvallende metaal-middernagblou verf, kroomroosters, silwer wiele en 3D-plakkers, Blue Power-dakteken, Auto Comfort™-sitplek met stylvolle Blue Power-kenteken en Blue Power-handelsmerk kajuittapyt in.

‘n Bluetooth radio met vier luidsprekers en klimaatbeheer-lugversorging kan alles vanaf die Intelliview™ 12-skerm of SideWinder™ Ultra beheer word.

8 LED-ligte is standaard met opsies tot 24 ligte wat 45 600 lumens uitstraal.

Die stelsel is ook gereed om kameras te koppel vir meer sigbaarheid.

Die 2 jaar / 2000 uur Service Plus-waarborg is standaard. Diensintervalle is elke 600 uur.

CNH Capital Finansiering is ook beskikbaar vanaf Prima -3,7%. Bepalings en voorwaardes geld. 20% deposito, 3 jaar of 36 maande. GEEN BTW terug, want ons finansier jou BTW vir beskerming van jou kontantvloei. Jou eerste premie is 365 dae vir jaarlikse betalings of 60 dae vir maandelikse betalings na ondertekening van die finansieringskontrak.

Vir meer inligting, kontak jou naaste New Holland-handelaar of bel Jaco du Preez by 082-524-8898.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0