New Holland se groottrekkerreeks

0047 T8 .350 Genesis
Die groot trekkers van New Holland bestaan uit drie reekse. Die T9-, Genesis® T8- en T7 HD-reekse is almal toegerus met die PLM Intelligence™- stelsel (Precision Land Management System with Intelligence).
Die T7 HD-reeks is die nuutste toevoeging tot hierdie groot segment en beskik oor die nuutste fase V-tegnologie van New Holland. Een van hierdie modelle, die T7.315 HD-trekker, gebruik die ECOBlue™ HI-eSCR 2- (selektiewe katalitiese reduksie) -stelsel om uitlaatgasse te verminder. Hierdie vernuwende nabehandelingstelsel is ‘n onderhoudsvrye oplossing wat bedryfskoste laag hou.
Die Auto Command™ deurlopende wisselaandrywing (CVT) dra by tot die doeltreffende werking met vele ander standaardvoordele soos kajuit- en vooras-vering, LED-ligte, hoë hidrouliese vloei, hoë hyservermoë en die Blue Power-verf- en ontwerppakket.
Dit is ook toegerus met PLM Intelligence™, wat die IntelliView™ 12-skerm en SideWinder™ Ultrabeheerarm insluit. Hierdie IntelliView™- 12-skerm bied vinnige konfigurasie en gevorderde funksies soos aangepaste uitlegopsies vir elke individuele taak en operateur, 3D-kaarte, raakskermnavigasie en naatlose integrasie met presies-akkurate seine. Die ontwerp is dus soos die van die T8- en T9- trekkerreeks, wat die operateur se werk vergemaklik omdat dit soortgelyk is.
Telematika is standaard met die outomatiese stuurstelsel, en die sein is opsioneel.
Die Genesis® T8-reeks is ontwerp om aan die algemene behoeftes van die boer te voldoen. Daar is genoeg krag van enjins wat 250 tot 400 perdekrag (185 tot 295 kW) lewer, volledig gesinchroniseerde Ultra Command™-kragskakeltransmissie of die Auto Command™ deurlopende wisselkragoordrag (CVT) transmissie om hierdie krag na die swaargewig-aste, robuuste driepuntskakels en trekstange oor te dra. Dit alles dra by tot optimale werkverrigting tydens grondvoorbereidingswerk.
Die 328 liter/min mega-vloei hidrouliese pomp verseker langdurige werking van enige werktuig of planter. Hierdie eenhede was ook die eerste trekkers op die mark wat die gevorderde PLM Intelligence-platform ten volle geïntegreer het. Hierdie stelsel help die stuurstelsels sodat werk jaar na jaar op dieselfde spore gedoen kan word. Spesiale toepassings word ook deur hierdie stelsel beheer, soos hierbo genoem by die T7 HD.
Dieselfde Telematika-geïnkorporeerde stelsel en -beheer is ook hier teenwoordig wat die sigbaarheid van jou vloot makliker as voorheen maak. Saam met die FieldOps-databasisstelsel het jy volle beheer oor jou plaas en vloot. Die FieldOps-stelsel is gratis en jy kan al jou toerusting daarby inkorporeer. Daar is ook twee modelle in die reeks wat toegerus word met die bekende agterste SmartTrax-stelsels.
Hierdie rusperbande gee jou ‘n groter voetspoor, minder grondverdigting en beter vastrapvermoë in sanderige grond
of nat toestande. Die T9-reeks met PLM Intelligencetrekkers vertoon die beste van New Holland se krag (302 tot 447 kW), gemak, doeltreffendheid en veelsydigheid. Met PLM Intelligence-gekoppelde funksies wat in die trekker geïntegreer is, soos met die eenhede hierbo, is die T9-reeks die mees gevorderde en kragtige vierwielaangedrewe trekker wat New Holland nog ooit aangebied het.
In die kajuit van hierdie T9-trekkerreeks ervaar operateurs die PLM Intelligence-tegnologie wat eenvoudige kontroles met groter beheer en aanpasbaarheid kombineer.
Vir meer inligting: Besoek www.newholland.com/za of kontak Jaco du Preez by (+27)82-524-8898.