New Holland hou aan om trekkers te vervaardig wat boere soek

_DSC0395
New Holland-trekkers van alle groottes pryk by NAMPO Kaap.
Voordat ’n mens begin boer, moet jy seker maak dat elke werktuig wat jy het geskik is vir die taak wat jy wil onderneem. Die plaas waarop jy boer, asook die diere en gewasse daarop, bepaal watter toerusting, gereedskap en voertuie jy benodig.
As jy met die verkeerde gereedskap begin, kan dit jou oes direk benadeel. Daarom is dit belangrik om van die begin af die regte toerusting en voertuie te kies; en om saam met ’n maatskappy te werk wat reeds dekades lank praktiese oplossings vir elke boer bied.
New Holland verskaf al reeds meer as 50 jaar lank van die beste trekkers, stropers, oesmasjiene, snyers, graaflaaiers en ander landboutoerusting aan die Suid-Afrikaanse mark. Vanjaar het die maatskappy by NAMPO Kaap sy bekende TDF-reeks trekkers uitgestal, asook die jongste T4FS-reeks en die opgeknapte T7-reeks.
Van klein tot groot: doelgemaak vir Suid-Afrikaanse boere
Jaco du Preez, New Holland se bemarkingsbestuurder vir Suider-Afrika, verduidelik: “New Holland se reeks boordtrekkers begin by die kompakte T3F-reeks van 50 perdekrag. Die modelle wissel van 36 kW tot 55 kW en is in twee- of vierwielaandrywing beskikbaar.”
Benewens die bekende reeks boordtrekkers het New Holland die T4FS-reeks met ’n kajuit bekend gestel. Die trekker is toegerus met ’n Stage V-enjin en gebruik ook AdBlue, wat tot uitstekende brandstofdoeltreffendheid bydra.
“Die kajuit is opgegradeer na ’n groot, gerieflike platformkajuit met maklik toeganklike kontroles en ’n elektroniese grondspoedmeter, wat dit makliker maak om spuite te kalibreer,” vertel Jaco oor die T4FS-reeks.

New Holland se stropers bly gewild.
Groot trekkers vind hul plek
Aan die groter kant van die TDF-reeks is trekkers wat doelgerig ontwerp is vir werk wat heelwat meer perdekrag vereis. Hierdie indrukwekkende masjiene troon bo byna elke ander voertuig op New Holland se NAMPO Kaap-uitstalruimte uit.
Een van New Holland se groot trotsprodukte is die vernuwe T7-reeks, wat die T7000-reeks vervang.
“Wat het ons verander? Omtrent alles! Hy het ’n splinternuwe baadjie én ’n nuwe enjin gekry. Dit is steeds ’n Tier 3-enjin, dus is AdBlue nie nodig nie. Wat die ratkas betref, het jy nou ook die keuse van ’n ‘Auto Command’-CVT,” verduidelik Jaco.

Die T7-reeks trekkers is vernuwe met ’n nuwe kajuit en bakwerk.
New Holland het die veranderings in reaksie op versoeke uit die mark aangebring.
Jaco sluit af: “Hierdie trekker pas nou beter by die praktiese toepassings waarvoor hy ontwerp is.”
Vir meer inligting oor New Holland se nuutste trekkers, besoek die webtuiste by www.newhollandag.co.za of kontak Jaco du Preez by (+27) 82-524-8898.