Boere pluk die vrugte van New Holland se blou boordtrekkers
New Holland is al jare die ondersteuningspunt van boere in die boord- en wingerdbedryf met hulle verskillende trekkers. Hulle boordtrekkers bied aan boord- en vrugteboere die geleentheid om maklik, sonder sukkel die seisoen aan te pak.
T3F: Liggewig en kompak
Die T3F-reeks trekkers is ontwerp om maklik tussen rye te beweeg en bied uitstekende werkverrigting vir bespuiting, verbouing en padvervoer. Hierdie liggewig se kompakte afmetings gee hom die voorsprong wanneer jy in beperkte ruimtes werk.
Die verbruikersvriendelike Lift-O-Matic™-stelsel maak die gebruik van die hyser eenvoudig. Die platform verseker perfekte geluid- en vibrasie-isolasie en steun ’n bestuursomgewing met ongeëwenaarde ergonomie en gebruiksgerief. Alle kontroles is logies en binne maklike bereik geplaas.
Die duidelike en intuïtiewe instrumentpaneel bied in ’n oogopslag belangrike inligting oor die belangrikste bedryfsparameters. ’n Versteekte demper en luginlaat sorg vir onbelemmerde sig oor die geboë enjinkap. Die rolstaafbeveiligingstelsel (ROPS) kan platvou om onder boorde in te pas. Alles is ontwerp om produktiwiteit te verhoog.
Modelle in die reeks wat na Suid-Afrika kom is die T3.50F 2wd (37 kW), T3.55F 4wd (40 kW) en T3.75F 2wd & 4wd (53 kW).
T4F/N/V-reekse: Veilig en betroubaar
Die T4F/N/V-trekkers word aangebied in drie wydtes om ’n wye reeks toepassings te hanteer. Die F is 1 476 mm wyd, die N is 1 229 mm wyd en die V is 1 061 mm wyd. Die trekkers het ’n hoë krag-tot-gewigverhouding en is die beste in hulle klas ten opsigte van hanteerbaarheid. Alle eenhede is toegerus met die 16×16 transmissie vir meer spuitspoedopsies.
Die T4.75V eenhede is beskikbaar in vierwielwielaandrywing met rolstawe (ROPS) en lewer 57 kW. Hierdie trekker pas omtrent in op enige plek en kan selfs binne kelders gebruik word omdat dit so smal is.
Die T4 N-reeks is beskikbaar met twee- of vierwielaandrywing, rolstaaf of kajuit. Drie modelle, naamlik die T4.75N, T4 85N en T4.95N lewer 57 kW, 65 kW, en 71 kW krag onderskeidelik.
Die T4 F-reeks het as standaard die vierwielaangedrewe “super steer”-vooras wat baie skerper as die gewone aste kan draai. Dit is ook beskikbaar in die T4.75F, T4 85F en T4.95F met kraglewering van 57 kW, 65 kW, en 71 kW onderskeidelik. Slegs vierwielaandrywing met kajuit word hier ingevoer.
T4 LP: Stabiliteit teen skuinstes
Die T4 LP se ontwerp is gebaseer op die T4-reeks, maar ’n breër vooras is bygevoeg vir stabiliteit wanneer daar op hellings gewerk word. Die draaihoek van die vierwielaangedrewe trekker is nietemin benadeel met die breër vooras en lewer ’n ongeremde draaisirkel van so laag as vier meter. Die hysvermoë is 2 600 kg en die beproefde Lift-O-Matic™-hyserbeheerstelsel is standaard. Die hidrouliese pompvloei is 63,8 liter/minuut sonder die kragstuurpomp wat apart is.
Modelle in die reeks wat na Suid-Afrika kom, is die T4.85 LP (65 kW) rolstaaf en T4.95 LP (71 kW). Albei is beskikbaar met vierwielaandrywing en kragspoelratkas van 16×16.
TDF: Styl, gerief en produktiwiteit
Die TDF-reeks trekkers is taai, sterk en ideaal vir boorde en wingerde. Die NH2-styl en ergonomiese uitleg verseker maklike en gemaklike gebruik. Dit is toegerus met ’n kragspoelratkas van 12×12 en ’n 540/540E-kragaftakker (PTO) wat brandstof bespaar en produktiwiteit verhoog.
’n Hyservermoë van 3 000 kg met die verbruikersvriendelike Lift-O-Matic™-stelsel is standaard. Die trekkers is toegerus met ’n brandstoftenk van 80 liter wat saam met ’n lae brandstofverbruik jou produktiwiteit verhoog. Die driesilinder-turbomodel, TD75F (53 kW) en die viersilinder-turbomodel, TD90F (65 kW) is beskikbaar met vierwielaandrywing.
Die verlengde waarborg van 3 jaar / 3000 uur is standaard op die hele boordreeks soos hierbo.
Tans is daar ook twee finansieringsopsies (bepalings en voorwaardes geld) beskikbaar deur CNH Capital op hierdie eenhede. Dit is daarop gemik om jou kontantvloei te beskerm.
- Jaarlikse paaiemente
Betaal jou eerste paaiement in Desember 2025.
20% deposito, tot en met 5 jaar, BTW terug in maand 4.
- Maandelikse paaiemente
15% BTW as deposito, eerste paaiement 60 dae na ondertekening, 24 tot 60 maande. Jy kry jou BTW terug in maand 4 en hou dit, wat effektief geen deposito beteken.
Vir meer inligting, kontak jou New Holland-handelaar vandag of skakel vir Jaco du Preez by (+27) 82-524-8898.