Categories: NuusPublished On: 3rd May 2018

Nasionale minimumloon uitgestel

By 0 min read
75 words

geld voorbeeld

Die voorgestelde nasionale minimumloon, wat veronderstel was om vanaf 1 Mei 2018 te geld, is vir eers uitgestel.

Volgens Gernie Botha, Regsadviseur van Vrystaat Landbou (VL), is daar nie presies duidelikheid oor hoe lank dit uitgestel is nie, maar daar word glo van sowat twee of drie maande gepraat.

Die rede vir die uitstel is, omdat die openbare deelname-proses, wat verpligtend is vir wysigings van hierdie aard, langer neem as wat aanvanklik veronderstel was.

Bron: Vrystaat Landbou

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0