Categories: PlantersPublished On: 19th May 2014

Namponuus: Laat biologie vir jou werk, sê Crop-Tech

By 1 min read
218 words

Met ‘n eenvoudige eksperiment by Crop-Tech se uitstalling op Nampo het Anthony Muirhead van die Geenbewerkingsklub bewys wat die voordele van geenbewerking is. Die enigste voorwaarde is genoeg organiese materiaal bo-op die grond.
 

Die drie laaitjies is gevul met dieselfde soort grond. Die eerste is onbedek gelaat, die tweede is effens bedek en die derde het ‘n behoorlike deklaag gekry. Wanneer daar water oor die laaitjies uitgegooi word, kan ‘n mens duidelik in die glasbuise sien hoe die kosbare bogrond van die eerste laaitjie weggespoel word, terwyl die derde laaitjie net waterafloop het.
 

Anthony sê dit is so dat plase en gronde verskil en dat daar van tyd tot tyd aanpassings kan wees in metodes, maar solank die grondbeginsel van grondbedekking gehandhaaf word, kan ‘n boer reken op beter vogbenutting, beter grondtemperatuur en dus beter groei. 

Met Crop-Tech se reeks Jumil-geenbewerkingsplanters vir mielies en fynsaad kan ‘n boer die vrugbare voordele van geenbewerking geniet en nog spaar op sy diesel- en arbeidsrekening. Die reeks maak voorsiening vir die veeboer wat net ‘n bietjie kuilvoermielies plant tot ‘n groot saaiboer wat deur honderde hektare moet wikkel.

 

Saam met geenbewerking is daar ook goeie onkruidbeheer nodig en Crop-Tech is ook die verspreider van die staatmaker Berthoud-spuite in die land. 

Skakel Hennie du Toit vir meer inligting by 082-850-3744.

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0