Categories: Meganisasie, TrekkersPublished On: 20th July 2026

Massey Ferguson bewys sy betroubaarheid tydens ProTour in Kroonstad

By 6 min read
1232 words

DSCF0906

Van alledaagse plaaswerk tot swaar grondbewerking, wys die MF 5M.145 en die splinternuwe MF 9S.425 waarom Massey Ferguson steeds ’n gunsteling onder boere bly.

Tydens die onlangse ProTour wat plaasgevind het op 15 Julie 2026 in Kroonstad het BHBW Kroonstad boere die geleentheid gebied om twee van Massey Ferguson se indrukwek-kendste trekkers in aksie te sien. Die relatief nuwe BHBW-tak, wat meer as ’n jaar gelede sy deure in die Vrystaatse dorp geopen het, bedien boere in die streek met verkope, onderdele en naverkoopdiens vir onder meer Massey Ferguson en Fendt. Die

ProAgri-span het tydens die geleentheid met Hanco van Aswegen van BHBW Kroonstad gesels. Hanco het veral meer vertel oor die nuwe MF 9S-reeks, wat wêreldwyd groot belangstelling geniet sedert sy bekendstelling. Volgens hom is die 9S ontwerp met een doel voor oë: om boere ՚n trekker te bied wat nie net meer krag lewer nie, maar ook slimmer werk, brandstof bespaar en die bestuurder se werksdag gemakliker maak.

Hoewel die indrukwekkende MF 9S.425 baie aandag getrek het, het die meer kompakte MF 5M.145 gewys dat daar steeds groot waarde lê in ’n veelsydige trekker wat daagliks op die plaas sy staal kan wys. Albei modelle is tydens praktiese demonstrasies vertoon, waar boere self kon sien hoe die trekkers onder werklike werksomstandighede presteer.

Die nuwe vlagskip van Massey Ferguson

Volgens Hanco is die MF 9S nie bloot groter nie, maar ’n nuwe trekker wat ontwikkel is om aan die behoeftes van moderne boerderye te voldoen. Soos implemente groter word en plant- en oesvensters al hoe korter raak, benodig boere trekkers wat hoë werkverrigting met maksimum doeltreffendheid kombineer.

Die MF 9S.425 is die grootste model in die reeks en word aangedryf deur ’n 8,4 liter AGCO Power-sessilinder-turbodieselenjin wat 425 perdekrag (313 kW) lewer. Met ’n maksimum wringkrag van 1 750 Nm beskik die trekker oor meer as genoeg krag om selfs die swaarste grondbewerking, groot planters en hoëkapasiteit-implemente moeiteloos te hanteer.

Hanco verduidelik:

“Maar, die trekker gaan oor veel meer as net perdekrag. Boere kyk vandag nie net hoeveel perdekrag ’n trekker het nie. Hulle wil weet hoeveel werk hy in ’n dag kan doen, hoeveel diesel hy ge bruik en hoe gemaklik die bestuurder ná 10 of 12 uur in die kajuit nog voel.”

Nuwe Protect-U ontwerp

Een van die grootste veranderinge aan die MF 9S is die sogenaamde Protect-U-ontwerp. Waar die kajuit op tradisionele trek kers direk teen die enjin gemonteer word, laat Massey Ferguson ’n open ing van ongeveer 18 cm tussen die enjin en kajuit. Hierdie unieke uitleg verminder hitte, geraas en vibrasie wat normaalweg na die bestuurder oorgedra word.

Die ekstra ruimte verbeter ook lug vloei rondom die enjin, wat weer tot beter verkoeling bydra.

Vir boere beteken dit ’n stiller kajuit, minder bestuurdermoegheid en ’n aangenamer werksomgewing ge durende lang dae in die lande. Tydens die demonstrasie was dit maklik om te sien hoe groot die kajuit is en hoeveel aandag aan bestuurder gerief gegee is. Die groot glasopper vlaktes bied uitstekende sig rondom die trekker, terwyl die ergonomiese uitleg van die kontroles verseker dat alles binne maklike bereik is.

Slim tegnologie vir slimmer boerderybedrywighede

Nog ’n aspek waarop Hanco klem gelê het, is die tegnologie waar toe die MF 9S beskik. Die trekker is toegerus met Massey Ferguson se Dyna-VT deurlopend veranderlike transmissie (CVT). Anders as ’n tradisionele ratkas, pas die transmissie voortdurend die ideale verhouding tussen enjinspoed en ryspoed aan.

Dit beteken die trekker kan altyd teen die mees doeltreffende enjinrevolusies werk, wat brandstofverbruik v erminder sonder om werkverrigting in te boet. Vir boere wat groot implemente gebruik, beteken dit gladder werking, minder ratwisselings en beter beheer oor werksnelheid.

Die MF 9S beskik ook oor ’n geslote-sentrumhidrouliese stelsel wat tot 270 liter olie per minuut lewer, met ’n opsionele dubbelpompstelsel wat dié kapasiteit tot 400 liter per minuut kan verhoog. Die agterste hef kan sowat 11,8 ton lig, wat die trekker geskik maak vir van die grootste implemente wat vandag beskikbaar is.

Volgens Hanco is hierdie kombinasie van krag en hidrouliese kapasiteit juis wat die 9S geskik maak vir groot graanboerderye waar elke werksuur tel.

Hanco van Aswegen van BHBW Kroonstad het meer vertel oor die nuwe Massey Ferguson MF 9S-reeks en die voordele wat dit vir moderne boerderye bied.

‘n Veelsydige werkesel vir elke dag

Waar die MF 9S spesifiek vir swaar werk ontwerp is, vervul die MF 5M.145 ’n heel ander rol op die plaas. Hierdie trekker is gebou vir die boer wat ’n betroubare, veelsydige masjien benodig wat maklik tussen verskillende take kan beweeg.

Met 145 perdekrag uit ’n 4,4 liter AGCO Power-viersilinder-turbo- dieselenjin bied die MF 5M genoeg krag vir ’n wye verskeidenheid take, insluitend plantwerk, spuitwerk, hooimaak, voerproduksie, sleepwerk en algemene plaasbedrywighede. Die kompakte ontwerp maak die trekker baie veelsydig, terwyl sy krag steeds voldoende is om met groter im plemente te werk wanneer dit nodig is.

Gebou vir produktiwiteit

Die MF 5M kan met Massey Ferguson se Dyna-4-semi-powershift-transmissie toegerus word. Hierdie transmissies maak dit moontlik om onder las tussen powershift-ratte te wissel sonder om die koppelaar te gebruik. Vir die bestuurder beteken dit gladder werking, minder moegheid en vinniger voltooiing van take.

Die trekker beskik ook oor ’n moderne kajuit wat uitstekende sig, lae geraasvlakke en ergonomiese beheer bied. Selfs gedurende lang werksdae bly die bestuurder gemaklik, iets wat toenemend belangrik raak namate boerderye groter word en trekkers langer ure werk.

Hanco meen dit is juis hierdie balans tussen eenvoud, betroubaarheid en moderne tegnologie wat die MF 5M so gewild maak.

“Nie elke boer benodig 425 perdekrag nie. Vir baie boerderye is die 5M die perfekte trekker omdat hy feitlik enigiets op die plaas kan doen. Dit is ’n trekker waarop jy elke dag kan staatmaak.”

Twee trekkers, twee rolle

Hoewel die twee Massey Ferguson modelle op die oog af baie van mekaar verskil, het hulle dieselfde doel: om boere te help om meer werk in minder tyd te verrig. Die MF 9S.425 is ontwerp vir boere wat groot implemente gebruik en maksimum produktiwiteit uit elke werksuur wil haal. Sy gevorderde tegnologie, indrukwekkende hidroulika en hoë perdekrag maak hom ideaal vir groot kommersiële boerderye.

Die MF 5M.145 fokus weer op veelsydigheid. Dit is die soort trekker wat soggens ’n planter kan trek, die middag ’n voerwa kan hanteer en later die dag nog hooibale kan vervoer, alles sonder moeite. Albei modelle weerspieël Massey Ferguson se fokus op betroubaarheid, brandstofdoeltreffend heid en bestuurdergerief.

BHBW Kroonstad het tydens ProTour vir boere die geleentheid gebied om die nuutste Massey Ferguson-tegnologie van nader te beleef.

Meer as net trekkers

Die demonstrasies tydens ProTour het weer bewys hoe vinnig landboumeganisasie ontwikkel. Moderne trekkers word nie meer slegs aan perdekrag gemeet nie, maar aan hoe slim hulle werk, hoeveel brandstof hulle bespaar en hoeveel gemak hulle vir die bestuurder bied. Vir boere beteken dit beter produktiwiteit, laer bedryfskoste en toerusting waarop hulle dag ná dag kan staatmaak.

Met die nuwe BHBW-tak in Kroonstad het boere in die streek nou ook toegang tot plaaslike ondersteuning, onderdele en kundigheid – iets wat net so belangrik is as die toerusting self.

Met sy kenmerkende Protect-U-ontwerp bied die MF 9S.425 ‘n stiller, koeler en meer gemaklike kajuit vir lang werksdae.

Vir meer inligting oor die Massey Ferguson MF 9S.425, MF 5M.145 of ander Massey Ferguson-trekkers en -toe rusting, kontak Hanco van Aswegen by 083-205-0571 of stuur ’n e-pos na CVAswegen@bhbw.co.za, of kontak BHBW Kroonstad by 010-023-8811 of besoek hul webwerf by www.bhbw.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0